PSALMS 49

49
God sal my loskoop
1Vir die koorleier: Van die Koragiete. ’n Psalm.
2Luister hierna, al julle volke!
Gee ag,
al julle bewoners van die wêreld:
3eenvoudiges
en mense van aansien,
dié wat ryk is
en dié wat arm is!
4My mond
sal wyse woorde praat,
my gedagtes
sal getuig van insig.
5Ek sal luister na spreuke
en raaisels oplos
by die speel van die lier.
6Waarom sal ek bang wees
in tye van nood,
wanneer bose bedrieërs
my omsingel,
7hulle wat vertrou
op hulle welvaart,
wat spog met hulle rykdom?
8Geen mens
kan enigsins ’n ander loskoop
deur ’n losprys
aan God te gee nie.
9Die redding van ’n mens
is te duur.
Niemand kan ooit genoeg betaal
10sodat hy vir altyd sal lewe
en die dood nie sal sien nie.
11Almal kan sien:
Wyse mense sterf,
ook die dwaas
en die stommerik,
en laat hulle rykdom agter
vir ander.
12Hulle graf
is hulle tuiste vir altyd.#49:12 Grondteks Hulle dink hulle huise sal altyd staan.
Daar sal hulle bly
van geslag tot geslag,
selfs al het hulle die grond
na hulleself vernoem.
13Die mens in weelde
leef nie vir altyd nie,
maar sterf self
net soos die diere.
14Dit is die lot van dwase mense,
en dié
wat hulle woorde beaam.
Sela
15Soos skape
is hulle vir die doderyk bestem,
daar waar die dood
hulle herder sal wees.
Die opregtes
sal oor hulle seëvier
wanneer die dag aanbreek;
hulle sal verrot in die graf
wat vir hulle
’n tuiste sal wees.#49:15 Grondteks En opregtes heers oor hulle in die môre en hulle gestalte word deur die doderyk verteer sodat hy nie woonplek sal hê nie.
16Maar God
sal my verseker loskoop
uit die mag van die doderyk
en my saam met Hom neem.
Sela
17Moenie ontsteld word
as die goddelose ryk word
en sy woning
nog mooier maak nie.
18Hy kan niks
met hom saamneem
wanneer hy sterf nie;
sy besittings
sal hom nie volg nie.
19Hoewel hy
voorspoedig kan wees,
en hulle hom toejuig
oor sy sukses,
20sal hy sterf
soos sy voorouers voor hom
wat nie weer die daglig
sal sien nie.
21Die mens met rykdom
sonder insig
is net soos diere wat vergaan.

Seçili Olanlar:

PSALMS 49: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz