HANDELINGE 9

9
Jesus die Here gryp magtig in Saulus se lewe in
1Intussen het Saulus met elke asemteug dreigemente uitgespreek. Hy wou die volgelinge#9:1 Grondteks dissipels. van die Here doodmaak, en het daarom na die hoofpriester toe gegaan. 2Hy het briewe van hom aan die sinagoges in Damaskus gevra waarin hulle versoek word om hom te help om dié wat aan “Die Pad” behoort#9:2 Of dié wat aanhangers van die leer van die Here is. “Die Pad” was een van die name waarmee na die Christelike godsdiens verwys is; vgl Hand 18:25-26; 19:9, 23; 22:4; 24:14, 22; 2 Pet 2:2., mans én vroue, op te spoor, en hulle geboei na Jerusalem toe te bring.
3Toe hy op sy sending naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel hom omstraal! 4Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”
5“Wie is U, Here#9:5 Of Meneer.?” het hy toe gevra.
“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dis vir Mý wat jy vervolg! 6Staan nou op en gaan die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jou te doen staan.”
7Die mans saam met hom was sprakeloos van verbasing, want hulle het iemand se stem gehoor, maar niemand gesien nie. 8Saulus het van die grond af opgestaan en alhoewel sy oë oop was, kon hy niks sien nie. Hulle is Damaskus in terwyl sy reisgenote hom aan die hand lei. 9Hy was drie dae lank daar sonder om te sien, en hy het ook niks geëet of gedrink nie.
10Daar was ’n gelowige#9:10a Grondteks dissipel. in Damaskus met die naam Ananias. Die Here het hom in ’n gesig geroep: “Ananias!”
“Ja#9:10b Grondteks Kyk, hier is ek., Here!” het hy geantwoord.
11Daarop sê die Here vir hom: “Gaan nóú Reguitstraat toe, na Judas se huis. Vra daar na Saulus van Tarsus. Want kyk, hy is besig om te bid. 12Ek het hom in ’n gesig laat sien dat ’n man met die naam Ananias inkom en sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien.”
13Maar Ananias het geantwoord: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor – watter kwaad hy die gelowiges#9:13 Grondteks die heiliges; of dié wat aan U toegewy is. in Jerusalem aangedoen het! 14En ons hoor hy het ’n mandaat van die priesterhoofde om al die gelowiges#9:14 Grondteks almal wat u Naam aanroep. hier in Damaskus te arresteer.”
15Die Here het egter vir hom gesê: “Gaan doen wat Ek sê, want Ek het Saulus as my instrument uitgekies om my boodskap#9:15a Grondteks my Naam. uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel#9:15b Grondteks die kinders van Israel.. 16Ek sal inderdaad self vir hom wys hoeveel hy vir My#9:16 Grondteks vir my Naam. moet ly.”
17Ananias het toe vertrek en in daardie huis ingegaan. Hy het sy hande op Saulus gesit en gesê: “Broer Saul, die Here het my gestuur, Jesus wat aan jou verskyn het op pad hierheen. Hy het my gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” 18Onmiddellik het iets soos skille#9:18 Of skubbe. van Saulus se oë afgeval en hy kon weer sien. Hy het opgestaan en is gedoop. 19Hy het toe kos geëet en sy kragte begin herwin.
Saulus verkondig die Goeie Nuus in Damaskus
Saulus het ’n paar dae by die gelowiges#9:19, 26a, 38 Grondteks dissipels. in Damaskus gebly. 20Hy het Jesus dadelik in die sinagoges begin verkondig – dat Hy die Seun van God is.
21Almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: “Is dit nie dié man wat Jesus se volgelinge#9:21 Grondteks die mense wat hierdie Naam aanroep. in Jerusalem vervolg het nie? Dis mos presies waarvoor hy hierheen gekom het: om hulle geboei voor die priesterhoofde te bring!”
22Saulus se prediking het al hoe kragtiger geword en het die Damaskus-Jode in die war gebring deur te bewys dat Jesus die Christus is. 23Na etlike dae het dié Jode saamgesweer om Saulus te vermoor. 24Hulle komplot het egter aan Saulus uitgelek. Dag en nag het hulle die stad se poorte dopgehou om hom te vermoor. 25Maar sy volgelinge het hom in ’n mandjie deur ’n opening in die stadsmuur laat afsak.
Saulus tree in Jerusalem op
26Toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die gelowiges#9:19, 26a, 38 Grondteks dissipels. aan te sluit, maar almal was bang vir hom. Hulle kon nie glo dat hy ’n gelowige#9:26b Grondteks dissipel. is nie. 27Barnabas het hom toe na die apostels toe gevat, en vir hulle vertel hoe Saulus op pad na Damaskus die Here gesien het. Barnabas het ook vertel dat die Here met Saulus gepraat het, en hoe hy in Damaskus openlik in die Naam van Jesus#9:27 Of in opdrag van Jesus. gepreek het. 28Saulus het toe oral in Jerusalem saam met hulle rondgegaan en openlik in die Naam van die Here gepreek. 29Hy het ook met Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer, maar hulle het planne beraam om hom te vermoor. 30Toe die gelowiges#9:30 Grondteks broers. dit agterkom, het hulle hom Sesarea toe gevat en hom van daar na Tarsus toe weggestuur. 31Die kerk het deur die hele Judea, Galilea en Samaria vrede gehad. Die gelowiges#9:31 Grondteks kerk. is opgebou en het in ontsag vir die Here geleef, en hulle is deur die Heilige Gees versterk. Op hierdie manier het hulle getalle aangegroei.
Eneas word gesond gemaak
32Petrus het van plek tot plek gereis en het op ’n keer ook by die gelowiges#9:32, 41 Grondteks die heiliges; of dié wat aan God toegewy is. in die dorp Lidda gekom. 33Daar het hy ’n man met die naam Eneas gekry wat verlam en al agt jaar bedlêend was. 34“Eneas,” het Petrus toe vir hom gesê, “Jesus Christus maak jou gesond! Staan en rol jou bed op!” En hy het dadelik opgestaan. 35Al die inwoners van Lidda en die Saronvlakte het hulle tot die Here bekeer toe hulle Eneas sien rondgaan.
Tabita word opgewek
36In Joppe was daar ’n gelowige vrou#9:36a Of vroulike dissipel. met die naam Tabita (in Grieks is sy “Dorkas”#9:36b Tabita (Aramees) en Dorkas (Grieks) beteken bokkie.). Sy was altyd besig om aan ander goed te doen en armes te help. 37Juis in dié tyd het sy siek geword en is sy dood. Hulle het haar liggaam vir die begrafnis voorberei#9:37 Grondteks haar gewas., en in ’n bokamer neergelê. 38Met Lidda naby Joppe het die gelowiges#9:19, 26a, 38 Grondteks dissipels. gehoor dat Petrus daar is. Hulle het toe twee mans na hom toe gestuur met die versoek: “Kom asseblief sonder uitstel na ons toe!”
39Petrus is dadelik saam met hulle terug. Toe hy daar kom, het hulle hom bokamer toe gevat. Al die weduwees het by hom kom staan en snikkend vir hom die verskillende soorte klere#9:39 Grondteks die onder- en bo-klere. gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was. 40Petrus het almal egter uitgestuur, en toe het hy gekniel en gebid. Hy het na die liggaam toe gedraai en gesê: “Tabita, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak! Toe sy Petrus sien, het sy regop gesit. 41Hy het haar sy hand gegee en haar help opstaan. Toe het hy die gelowiges#9:32, 41 Grondteks die heiliges; of dié wat aan God toegewy is. en die weduwees geroep, en hulle gewys sy leef.
42Dié gebeure het in die hele Joppe bekend geword, en baie het tot geloof in die Here gekom. 43Petrus het ’n hele aantal dae in Joppe gebly by ’n sekere Simon, ’n leerlooier.

Seçili Olanlar:

HANDELINGE 9: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz