HANDELINGE 3

3
’n Verlamde man beleef by Mooipoort sy mooiste dag
1Petrus en Johannes was een middag op pad tempel toe. Dit was drie-uur#3:1 Grondteks die negende uur., die gebedstyd. 2Net tóé word daar ’n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Mense het hom daagliks laat sit by die tempelpoort wat as Mooipoort bekend staan, om by die tempelgangers te bedel. 3Petrus en Johannes wou net in die tempel ingaan, toe hy hulle sien en ’n bydrae by hulle vra.
4Petrus kyk hom toe saam met Johannes stip aan, en sê: “Kyk na ons!” 5Die verlamde man kyk toe na hulle in die verwagting dat hy ’n bydrae gaan kry. 6Maar Petrus sê: “Geld#3:6a Grondteks Silwer en goud. het ek nie. Maar wat ek het, dít gee ek vir jou: Op gesag#3:6b Grondteks In die Naam. van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”
7Petrus vat die man toe aan sy regterhand en help hom op. En onmiddellik het sy voete en enkels gesond en sterk geword. 8Hy het opgespring, op sy voete gestaan, en begin rondstap. Daarna, terwyl hy rondstap, huppel en God prys, is hy saam met hulle die tempel in.
9Die hele volk het gesien hoe hy loop en gehoor hoe hy God prys.
10Toe hulle hom eien en besef dat dit hý is wat voor die tempel by Mooipoort gesit en bedel het, was hulle heeltemal verstom. 11Hulle het van verwondering by die Pilaargang van Salomo saamgedrom terwyl die man gesorg het dat hy bý Petrus en Johannes bly.
Petrus lewer ’n preek in die Pilaargang van Salomo
12Toe Petrus dit agterkom, het hy soos volg op die mense gereageer: “Geagte Israeliete#3:12 Grondteks Manne-Israeliete., wat is so besonders hieraan? Wat kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsdienstigheid veroorsaak het dat hierdie man kan rondstap?
13“Dis die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders wat met hierdie daad Goddelike eer aan Jesus, sy Dienaar, gee. Dis hierdie selfde Jesus vir wie júlle uitgelewer en voor Pilatus verwerp het, al was Pilatus se uitspraak dat Hy vrygelaat moes word. 14Julle het hierdie heilige en opregte man verwerp, en eerder geëis dat ’n moordenaar vir julle vrygelaat word. 15Julle het die Bron van lewe doodgemaak, maar God het Hom uit die dood#3:15 Grondteks tussen die dooies uit. opgewek! Van Hóm is óns getuies!
16“Die Naam van Jesus het hierdie man se bene weer sterk gemaak – en julle weet hoe verlam hy was.
“Geloof in die Naam van Jesus het hom heeltemal gesond laat word, hier reg voor julle oë.
17“Volksgenote#3:17 Grondteks Broers., ek weet dat wat julle aan Jesus gedoen het, in onkunde gebeur het, en dieselfde geld van julle leiers.
18“God was egter besig om te laat gebeur wat al die profete vroeër oor die Messias aangekondig het – dat Hy sou ly. 19Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. 20Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur. 21Hy moet in die hemel bly totdat die tyd aangebreek het wanneer God alles nuut maak, soos God dit lank gelede deur sy heilige profete belowe het.
22“Moses het gesê: ‘Die Here julle God sal ’n Profeet soos ek uit julle volk vir julle laat voortkom. Luister mooi na alles wat Hy vir julle sê.’#3:22 Deut 18:15. 23Moses het ook nog verder gesê: ‘Elkeen wat nie na daardie Profeet luister nie, sal van die volk van God afgesny en vernietig word.’#3:23 Vgl Deut 18:19.
24“Van Samuel af het elke profeet gepraat oor wat vandag gebeur. 25Júlle is die kinders van daardie profete, en julle het deel aan die verbond wat God met julle voorvaders gesluit het. God het mos vir Abraham gesê: ‘In jou nageslag sal al die families van die aarde geseën word.’#3:25 Gen 22:18. 26Toe God sy Dienaar in die wêreld laat kom het, het Hy Hom heel eerste na julle, Israeliete, toe gestuur om vir julle tot ’n seën te wees deurdat julle almal van julle verkeerde paaie af omdraai.”

Seçili Olanlar:

HANDELINGE 3: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz