HANDELINGE 15

15
Die kerkvergadering in Jerusalem behandel ’n netelige saak
1Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges#15:1, 3, 7a Grondteks manne-broers. probeer wysmaak: “As julle julle nie laat besny soos Moses dit voorskryf nie, kan julle nie verlos word nie.” 2Paulus en Barnabas het hulle daarteen verset en in ’n taamlik ernstige meningsverskil met hulle betrokke geraak. Uiteindelik het hulle besluit dat Paulus en Barnabas en nog ’n paar ander uit hulle geledere oor hierdie vraagstuk na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan. 3So is hulle deur die gemeente uitgestuur. Hulle het deur Fenisië en Samaria gereis en vertel van die bekering van die nie-Jode. Met hierdie nuus het hulle al die gelowiges#15:1, 3, 7a Grondteks manne-broers. baie bly gemaak.
4Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die hele gemeente, insluitend die apostels en die ouderlinge, verwelkom. Hulle het vertel wat God alles deur hulle bediening tot stand gebring het. 5Sommige van dié wat gelowiges geword het uit die geledere van die Fariseërs, het egter opgestaan en verklaar: “Nie-Joodse bekeerlinge moet besny word en die opdrag kry om die wet van Moses te onderhou.”
6Die apostels en die ouderlinge het toe bymekaargekom om mekaar in die oë te kyk oor hierdie vraagstuk. 7Na ’n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Geagte broers#15:1, 3, 7a Grondteks manne-broers., julle weet dat God my van die vroeë dae af al uit julle geledere gekies het om deur my prediking#15:7b Grondteks mond. die nie-Jode die Goeie Nuus te laat hoor en tot geloof te laat kom. 8En God, wat die harte ken, het bevestig dat die Goeie Nuus ook vir nie-Jode bedoel is deur aan hulle die Heilige Gees te gee net soos aan ons. 9Hy het dus geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig. 10Waarom wil julle dan nou beter as God weet deur op die nek van die nie-Joodse gelowiges#15:10 Grondteks dissipels. ’n juk te lê wat ons voorgeslagte nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? 11Nee! Ons glo dat ons net deur die genade#15:11 Of onverdiende goedheid. van die Here Jesus verlos word – en dit geld ook vir daardie mense.”
12Daar was geen verdere bespreking nie en almal het vervolgens gesit en luister hoe Barnabas en Paulus vertel watter tekens en wonders God deur hulle onder die nie-Jode gedoen het. 13Toe hulle stilbly, het Jakobus gesê: “Geagte broers#15:13 Grondteks manne-broers., luister na my. 14Simon het verduidelik hoe dit God self is wat die inisiatief geneem het deur vir Hom ’n volk uit die geledere van die nie-Jode te versamel. 15En hiermee stem die woorde van die profete saam. Daar staan geskrywe:
16‘Daarna sal Ek terugkom,
en Ek sal die vervalle huis
van Dawid weer opbou.
Ek sal sy bouvalle herstel,
en dit weer regmaak
17sodat ook die ander volke
die Here kan soek,
ja, al die nie-Joodse nasies
oor wie Ek my Naam uitgeroep het#15:17 Of wat Ek geroep het om my eiendom te wees..
So sê die Here wat hierdie dinge
18lank gelede al bekendgemaak het.’#15:16-18 Am 9:11-12; Jes 45:21.
19“Daarom oordeel ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die gelowiges wat hulle uit die geledere van die nie-Jode tot God bekeer het nie. 20Ons moet egter vir hulle skryf om weg te bly van dinge wat deur afgode besoedel is#15:20 Of om weg te bly van vleis wat aan afgode geoffer is., van seksuele sondes, asook van iets wat verwurg is, en van bloed. 21Julle weet mos: Moses het in elke stad al vir geslagte lank mense wat sy voorskrifte verkondig; elke Sabbatdag word sy boeke in die sinagoges voorgelees.”
Die besluite van die vergadering
22Daarna het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente in Jerusalem besluit om ’n afvaardiging uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië in Sirië te stuur. Hulle het twee leiersfigure onder die gelowiges#15:22, 23, 36, 40 Grondteks broers. gekies: vir Judas (sy noemnaam is Barsabbas) en vir Silas. 23Die vergadering het die volgende brief self geskryf:
Hierdie brief kom van die apostels en die ouderlinge, julle broers in Jerusalem, en is geskryf aan die gelowiges#15:22, 23, 36, 40 Grondteks broers. uit die nie-Joodse volke in Antiogië, Sirië en Silisië. Groete!
24Ons het gehoor dat daar mense van ons af gekom het wat julle gemoedere ontstel het met standpunte waarvoor ons hulle nie ’n mandaat gegee het nie. 25Daarom het ons eenparig besluit om ’n amptelike afvaardiging na julle toe te stuur. Hulle vergesel ons geliefde Barnabas en Paulus, 26mense wat hulle lewe gewaag het vir die Naam van ons Here Jesus Christus. 27Ons stuur dan nou vir Judas en Silas om ook self mondeling ons besluit aan julle oor te dra.
28Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê nie, behalwe die volgende voorskrifte: 29dat julle julle moet weerhou van alles wat aan afgode geoffer is, en van bloed, van diere wat verwurg is, en van seksuele sondes. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle goed. Vaarwel.
30So is hulle toe daar weg, op pad na Antiogië toe. Dáár het hulle die gemeente bymekaar laat kom en die brief oorhandig. 31Die gemeente het dit gelees en was baie bly oor die bemoediging.
32Judas en Silas, wat self ook profete was, het lank met hulle medegelowiges#15:32 Grondteks met die broers. gepraat en hulle bemoedig en geestelik versterk. 33Judas en Silas het ’n tyd lank daar gebly, en toe is hulle met ’n vredeboodskap deur die gelowiges teruggestuur na dié wat hulle afgevaardig het.#15:33 Sommige manuskripte het ook ’n vers 34 Silas het egter besluit om daar te bly. 35Paulus en Barnabas het ’n tyd lank in Antiogië gebly en saam met baie ander onderrig gegee en die woord van die Here verkondig.
Die tweede sendingreis begin – Paulus en Barnabas skei van mekaar
36Na ’n paar dae sê Paulus vir Barnabas: “Kom ons gaan terug na al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het en kyk hoe dit gaan met ons medegelowiges#15:22, 23, 36, 40 Grondteks broers..” 37Barnabas wou vir Johannes (sy noemnaam is Markus) saamvat. 38Paulus het egter gedink dit is nie reg om die man saam te vat wat hulle in Pamfilië in die steek gelaat het en nie aan hulle verdere bediening deel gehad het nie.
39Daar het toe kwade gevoelens tussen hulle ontstaan, en hulle het elkeen sy eie koers gegaan. Barnabas het vir Markus gevat en Siprus toe gevaar. 40Paulus het Silas gekies en hy het vertrek nadat hy deur die gelowiges#15:22, 23, 36, 40 Grondteks broers. aan die liefdevolle goedheid van die Here toevertrou is. 41Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes daar versterk.

Seçili Olanlar:

HANDELINGE 15: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz