2 TIMOTEUS 3

3
Gedurende die laaste dae sal baie mense ontspoor
1Jy moet ook dít weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom. 2Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê. Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam aan hulle ouers en ondankbaar wees. Hulle sal niks as heilig beskou nie. 3Hulle sal liefdeloos en onvergewensgesind wees; hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie; hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie. 4Hulle sal hulle vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God. 5Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit ontken wat aan die Christelike godsdiens sy krag gee. Jy moet wegbly van sulke mense af.
6Onder hulle is dié wat hulleself in mense se huise kan inwurm en die vertroue van kwesbare vroue wen#3:6 Of gevange neem. wat belaai is met sondeskuld en beheer word deur baie begeertes. 7Sulke vroue is altyd besig om nuwe leringe na te volg, maar hulle kry dit nie reg om die waarheid te begryp nie. 8En hierdie leermeesters bestry die waarheid net soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het. Hulle denke is korrup en hulle geloof is niks werd nie. 9Maar hulle sal nie lank hiermee wegkom nie, want dit sal vir almal duidelik blyk watter dwase hulle is, net soos dit gebeur het met Jannes en Jambres.
Bly aan die Skrif getrou
10Maar jy, Timoteus, het my onderrig getrou gevolg, hoe ek lewe en wat my doel in die lewe is. Jy ken my geloof en hoe lank ek al gely het. Jy ken my liefde en my geduld en verdraagsaamheid. 11Jy weet hoeveel vervolging en lyding ek verduur het. Jy weet alles van hoe ek vervolg is in Antiogië, Ikonium en Listra, maar die Here het my uit alles verlos. 12Ja, en almal wat ’n toegewyde lewe in verbondenheid aan Christus Jesus wil lei, sal vervolg word. 13Maar bose mense en swendelaars sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle sal aanhou om mense te mislei, en hulle sal self mislei word.
14Maar jý, bly getrou aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. 15Jy ken die Heilige Skrif van kindsbeen af en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. 17Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.

Seçili Olanlar:

2 TIMOTEUS 3: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz