Hy het Josef geseën en gesê:
“Die God voor wie my voorvaders,
Abraham en Isak, geleef het,
die God wat my as herder versorg het,
my lewe lank, tot vandag toe,
die •Engel wat my
losgekoop het uit alle onheil –
mag Hy dié jong manne seën!
Mag my naam deur hulle genoem word
en die naam van my voorvaders
Abraham en Isak.
Mag hulle talryk word in die land.”