1
EFESIËRS 5:1-2
Afrikaans 1983
AFR83
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.
Uporedi
Istraži EFESIËRS 5:1-2
2
EFESIËRS 5:15-16
Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd.
Istraži EFESIËRS 5:15-16
3
EFESIËRS 5:18-20
Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.
Istraži EFESIËRS 5:18-20
4
EFESIËRS 5:17
Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.
Istraži EFESIËRS 5:17
5
EFESIËRS 5:25
Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.
Istraži EFESIËRS 5:25
6
EFESIËRS 5:8
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.
Istraži EFESIËRS 5:8
7
EFESIËRS 5:21
Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
Istraži EFESIËRS 5:21
8
EFESIËRS 5:22
Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.
Istraži EFESIËRS 5:22
9
EFESIËRS 5:33
Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en 'n vrou moet aan haar man eerbied betoon.
Istraži EFESIËRS 5:33
10
EFESIËRS 5:31
Daar staan in die Skrif: “Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.”
Istraži EFESIËRS 5:31
11
EFESIËRS 5:11
en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.
Istraži EFESIËRS 5:11
Početna
Biblija
Planovi
Video zapisi