Mufananidzo weYouVersion
Mucherechedzo Wekutsvaka

2 Korinthiërs 6

6
1As helpers smeek ons julle dat die onverdiende guns van God, wat julle ontvang het, nie waardeloos in julle word nie,
2want Hy sê: “In die aanvaarbare tyd het Ek jou geantwoord en in die dag van redding het Ek jou gehelp.” Yes 49:8 Let op, nou is dit die aanvaarbare tyd en nou is dit die dag van redding.
3Moenie enige iemand ’n rede gee tot struikeling nie, sodat dit ’n klad sou wees op ons bediening,
4maar in alles wys ons onsself as dienaars van God, met baie verwagtende uithou, in vervolginge, in benoudheid, in gevangenskap,
5in houe, in kettings, in oproere, in harde werk, in waaksaamheid, in vas,
6in reinheid, in kennis, in geduld, in sagte goedheid, in die Gees wat Afgesonderd is, in liefde sonder misleiding,
7in die boodskap van die waarheid, in die wonderwerkende krag van God, deur die wapens van onpartydige opregtheid in die regter- en linkerhand;
8deur eer en oneer, deur lofprysing en berisping; asof misleiers en tog waar;
9asof onbekendes en tog bekend; asof een wat doodgaan en let op, ons lewe; asof ons gestraf word en tog nie sterwend nie;
10asof bedroef is, maar ons verheug ons altyd; asof arm, maar wat baie ander ryk maak; asof mense wat niks het nie en tog alles besit.
11Ons het ons mond teenoor julle oopgemaak, Korinthiërs en ons denke, wil en emosie groter oopgemaak.
12Ons beperk julle nie, maar die terughouding is in julle sagte omgee.
13Ek praat egter soos met kinders: betaal my beloning wat by julle is en vergroot julle liefde vir my.
14Moenie saam met ongelowiges gejuk wees nie. Watter deel het onpartydige opregtheid met die oortreding van die wet en watter gemeenskap het lig met die duisternis?
15Of watter ooreenstemming het Die Gesalfde Een met die teëstander; of watter deelname het die wat vertrou met die ongelowige?
16Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: Yeg 37:27; Open 21:3 “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ’n volk wees.” Yir 31:33
17“As gevolg hiervan,” sê יהוה, “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, moenie naby die dinge wat onrein is, kom nie Lev 11:47; Yes 52:11; 1 Yog 3:3 en Ek sal julle ontvang Yeg 20:34,41
18en Ek sal vir julle ’n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” Ps 103:13; Luk 3:22; Rom 8:29; 1 Kor 15:45 sê יהוה, wat alles vashou. 2 Sh’m 7:14; Yes 43:6

Zvasarudzwa nguva ino

2 Korinthiërs 6: SPC

Sarudza vhesi

Sarudza zvinyorwa izvi

Yenzanisa

Pakurirana nevamwe

None

Unoda kuti zviratidziro zvako zvichengetedzwe pamidziyo yako yose? Nyoresa kana kuti pinda