2 Korinthiërs 4
4
1As gevolg hiervan maak dit ons nie moeg in hierdie bediening wat ons het nie omdat liefdevolle omgee in ons is.
2Ons verwerp die geheime skandes en ons leef nie in misleiding of verwerping van die boodskap van God nie, maar deur die openbaring van die waarheid, wys ons, voor God, ons gees aan elke mens se gedagtes,
3maar as ons goeie boodskap nog bedek is, is dit bedek vir die wat besig is om verlore te gaan,
4húlle, vir wie die god van hierdie wêreld die intellek verblind het omdat hulle nie vertrou nie sodat die lig van die goeie boodskap van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Die Gesalfde Een, wat die Beeld van God is, nie op hulle sou skyn nie, 2 The 2:10,11
5want ons verkondig nie onsself nie, maar Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester, maar onsself as julle slawe, ter wille van Yeshua
6omdat God, Hy wat gesê het dat daar uit donkerte lig moet skyn, Gen 1:3 dit in ons verstand, wil en emosie laat deurskyn het sodat ons opgehelder sal word met die kennis van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God in die teenwoordigheid van Yeshua, Die Gesalfde Een,
7maar ons het hierdie skat in kleihouers sodat die grootheid van die krag vanaf God mag wees en nie uit ons nie.
8In alles word ons platgedruk, maar ons is nie verwurg nie; ons is geslaan, maar nie skuldig nie;
9ons is vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons is neergegooi, maar nie verslaan nie.
10Elke keer dra ons die sterwe van ons Meester, Yeshua, in ons liggame sodat ook die lewe van Die Gesalfde Een in ons liggame gewys kan word,
11want as ons wat lewe, aan die dood oorgelewer word om Yeshua se ontwil, sal ook, net so, die lewe van Yeshua in hierdie sterflike liggame openbaar word.
12So is die dood aktief in ons, maar die lewe in julle;
13daarom, ook in ons wat dieselfde Gees van vertroue het, soos geskrywe is: “Ek het vertrou en daarom het ek ook gepraat,” Ps 116:10 vertrou ons en praat ons ook,
14want ons weet dat Hy wat ons Meester Yeshua opgewek het, ons ook deur Yeshua sal opwek en ons saam met julle na Hom toe sal bring,
15want dit is alles om julle ontwil en wanneer die onverdiende guns meer word, sal die dankbaarheid baie meer word tot die eer, lof en aanbidding van God.
16As gevolg hiervan maak dit ons nie moeg nie, selfs as ons uiterlike liggaam vernietig word; daarenteen word die innerlike dag ná dag nuut gemaak,
17want terwyl die huidige lyding lig en van korte duur is, berei dit vir ons ’n groot en grenslose eer en lof vir ’n tydlose ewigheid voor.
18Ons verheug ons nie in die sigbare dinge nie, maar in die onsigbare, want die sigbare dinge is vir ’n tyd, maar die onsigbare is ewig.
Zvasarudzwa nguva ino
2 Korinthiërs 4: SPC
Sarudza vhesi
Sarudza zvinyorwa izvi
Yenzanisa
Pakurirana nevamwe
Unoda kuti zviratidziro zvako zvichengetedzwe pamidziyo yako yose? Nyoresa kana kuti pinda
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.