Mufananidzo weYouVersion
Mucherechedzo Wekutsvaka

2 Korinthiërs 3

3
1Begin ons weer opnuut om aan julle te wys wie ons is? Asof ons, soos sommige, aanbevelingsbriewe aan julle aangaande ons nodig het of dat julle aanbevelingsbriewe aangaande ons moet skryf?
2Julle is ons brief, geskryf in ons verstand, wil en emosie, geken en gelees deur almal,
3want julle weet dat julle Die Gesalfde Een se brief is deur ons dienswerk, geskryf nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die verstand, wil en emosie.
4Só ’n vertroue het ons, deur Die Gesalfde Een, in God.
5Nie dat ons uit onsself genoeg is om enige iets van onsself te dink nie, maar ons krag is uit God, Neg 8:10; 2 Kor 13:4
6wat ons waardig gemaak het om bedienaars van die nuwe verbond te wees, nie deur wat geskryf is nie, maar deur die Gees, want die geskrewe woord maak dood, maar die Gees gee lewe.
7As die bediening van die dood, die geskrewe woord wat op klippe gegraveer is, in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid gekom het sodat die seuns van Yisra’el nie kon kyk na die gesig van Mosheh nie as gevolg van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid op sy gesig, wat verbygaan,
8hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wees nie?
9As die bediening wat veroordeel, in eer, lof en grootheid was, hoeveel meer is die bediening wat onpartydig opreg maak, oorvloedig in eer, lof en grootheid,
10want dit wat eer, lof en grootheid gehad het, was asof dit geen eer, lof en grootheid het in vergelyking met die oortreffende eer, lof en grootheid nie,
11want as daar eer, lof en grootheid was in wat moes vergaan, is daar baie meer eer, lof en grootheid in wat bly.
12Omdat ons hierdie versekerde verwagting het, tree ons daarom al hoe meer met vrymoedigheid op,
13nie soos Mosheh nie, wat ’n bedekking oor sy gesig gesit het sodat die mense van Yisra’el nie sou aanhou kyk nie, want dit het geen doel gehad nie,
14maar hulle is verblind in hulle begrip, want tot op hierdie dag toe bly dieselfde bedekking oor hulle by die lees van die Tanakh en word dit nie openbaar dat die bedekking deur Die Gesalfde Een vernietig is nie. Ps 28:5
15Tot vandag toe, wanneer Mosheh gelees word, word die bedekking oor hulle verstand, wil en emosie gelê
16en wanneer enige iemand van hulle na יהוה toe draai, word die bedekking van hom af weggeneem. Mat 13:11; 1 Kor 2:10
17יהוה is die Gees en waar die Gees van יהוה is, daar is vryheid.
18Meer nog, almal van ons, met onbedekte gesig, sien die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה soos in ’n spieël en word voortdurend verander na Sy beeld, tot meer en meer van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid, deur יהוה, die Gees. Gen 1:26,27

Zvasarudzwa nguva ino

2 Korinthiërs 3: SPC

Sarudza vhesi

Sarudza zvinyorwa izvi

Yenzanisa

Pakurirana nevamwe

None

Unoda kuti zviratidziro zvako zvichengetedzwe pamidziyo yako yose? Nyoresa kana kuti pinda