Mufananidzo weYouVersion
Mucherechedzo Wekutsvaka

1 Timotheos 2

2
1Ek vra daarom eerste van alles dat versoeke, gebede, intredes en dankgebede gedoen moet word vir alle mense;
2vir konings en heersers sodat ons ’n stil en rustige lewe kan leef, in alle eerbied en respek tot God, in reinheid, Yir 29:7; Mat 22:19-21; 1 Kefa 2:13; Rom 13:1-6
3want dit is goed en aanvaarbaar voor God, ons Lewegewer,
4wat wil hê dat alle mense lewe sal hê Yeg 18:23 en sal terugkeer na die kennis van die waarheid,
5want God is een Deut 6:4 en die Middelaar tussen God en die mense, die Mens, Yeshua, Die Gesalfde Een, is een. Hand 2:22
6Hy wat Homself gegee het as ’n Losprys vir elke persoon; ’n Getuienis wat op die bepaalde tyd gekom het,
7waarvan ek aangestel is as verkondiger en afgevaardigde; ek praat die waarheid, ek lieg nie, dat ek die leermeester van die ander nasies in vertroue van die waarheid is.
8Ek wil daarom hê dat die mans op elke plek moet bid en afgesonderde, rein hande oplig sonder woede en komplotte. Yes 1:15
9So ook moet die vroue hulleself versier met fatsoenlike, kuis klere. In skugterheid en fatsoenlikheid sal hulle versiering wees, nie in vlegsels of goud of pêrels of in mooi klere nie,
10maar in goeie dade, soos dit by vroue pas wat bely om God te aanbid.
11Laat ’n vrou in stilte leer in alle gehoorsaamheid,
12want ek laat die vrou nie toe om lering te gee Open 2:20 óf oor die man outoriteit te neem nie, maar sy moet stil wees,
13want Adam is eerste gevorm, daarna Havah
14en Adam is nie mislei nie, maar die vrou is mislei en het die opdrag oortree,
15maar sy lewe deur haar kinders, as hulle voortgaan in vertroue, liefde, afgesonderdheid en fatsoenlikheid.

Zvasarudzwa nguva ino

1 Timotheos 2: SPC

Sarudza vhesi

Sarudza zvinyorwa izvi

Yenzanisa

Pakurirana nevamwe

None

Unoda kuti zviratidziro zvako zvichengetedzwe pamidziyo yako yose? Nyoresa kana kuti pinda