1
Eksodus 24:16-17-18
Die Boodskap
DB
Die Here was in al sy grootheid op die Sinaiberg. Vir die Israeliete onder die berg het dit gelyk na ’n vuur wat op die top van die berg brand terwyl die Here daar was. Die donker wolk het ses dae lank oor die berg bly hang. Op die sewende dag het die Here uit die wolk gepraat. Hy het Moses nader geroep. Moses het verder teen die berg uitgeklim en in die wolk verdwyn. Hy het vir altesaam 40 dae daar op die berg gebly.
Yenzanisa
Ongorora {{vhesi}}
2
Eksodus 24:16-17
Die Here was in al sy grootheid op die Sinaiberg. Vir die Israeliete onder die berg het dit gelyk na ’n vuur wat op die top van die berg brand terwyl die Here daar was. Die donker wolk het ses dae lank oor die berg bly hang. Op die sewende dag het die Here uit die wolk gepraat. Hy het Moses nader geroep.
3
Eksodus 24:12
Die Here het vir Moses gesê: “Klim verder teen die berg uit na My toe. Wanneer jy hier is, sal Ek vir jou plat klippe gee waarop Ek al die reëls en regulasies neergeskryf het wat jy vir die volk moet gee.”