1
DANIËL 1:8
Afrikaans 1933/1953
AFR53
En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.
Yenzanisa
Ongorora {{vhesi}}
2
DANIËL 1:17
En hierdie vier jong seuns — God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.
3
DANIËL 1:9
En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.
4
DANIËL 1:20
En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.