1
ROMEINE 8:28
Afrikaans 1983
AFR83
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Porovnať
Preskúmať ROMEINE 8:28
2
ROMEINE 8:38-39
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
Preskúmať ROMEINE 8:38-39
3
ROMEINE 8:26
Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.
Preskúmať ROMEINE 8:26
4
ROMEINE 8:31
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
Preskúmať ROMEINE 8:31
5
ROMEINE 8:1
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
Preskúmať ROMEINE 8:1
6
ROMEINE 8:6
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.
Preskúmať ROMEINE 8:6
7
ROMEINE 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
Preskúmať ROMEINE 8:37
8
ROMEINE 8:18
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.
Preskúmať ROMEINE 8:18
9
ROMEINE 8:35
Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?
Preskúmať ROMEINE 8:35
10
ROMEINE 8:27
En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
Preskúmať ROMEINE 8:27
11
ROMEINE 8:14
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.
Preskúmať ROMEINE 8:14
12
ROMEINE 8:5
Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees.
Preskúmať ROMEINE 8:5
13
ROMEINE 8:32
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
Preskúmať ROMEINE 8:32
14
ROMEINE 8:16-17
Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
Preskúmať ROMEINE 8:16-17
15
ROMEINE 8:7
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie.
Preskúmať ROMEINE 8:7
16
ROMEINE 8:19
Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.
Preskúmať ROMEINE 8:19
17
ROMEINE 8:22
Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.
Preskúmať ROMEINE 8:22