MATTEUS 4

4
Jesus weerstaan die duiwel
1Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word. 2Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word. 3Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: “As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word.”
4Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf:
‘’n Mens het meer as brood nodig
om van te lewe.
Wat jy eintlik nodig het,
is om te leef van elke woord
uit God se mond.’#4:4 Deut 8:3.
5Daarna neem die duiwel Hom Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste spits van die tempel staan. 6Toe sê hy vir Hom: “As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf:
‘God sal aan sy engele opdrag gee
om jou te beskerm.
En hulle sal jou op die hande
dra
sodat jy nie dalk jou voet
teen ’n klip stamp nie.’#4:6 Ps 91:11-12.
7Jesus het hom geantwoord: “Daar staan ook geskrywe:
‘Jy mag die Here jou God
nie versoek nie.
En Hom alleen moet jy dien.’#4:7 Deut 6:16.
8Vervolgens neem die duiwel Hom na die top van ’n baie hoë berg en wys vir Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en praal. 9Daarop sê hy vir Jesus: “Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.”
10Toe sê Jesus vir hom: “Trap, Satan! Daar staan in die Skrif: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.’#4:10 Deut 6:13.11Daarna het die duiwel die aftog geblaas. En daar het engele na Hom toe gekom en Hom versorg.
Jesus begin met sy bediening
12Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes gearresteer het, het Hy Judea verlaat en na Galilea teruggekeer. 13Hy het uit Nasaret weggetrek en gaan woon in Kapernaum aan die See van Galilea, in die gebied van Sebulon en Naftali. 14So is die woord van die profeet Jesaja vervul:
15“Die land van Sebulon
en die land van Naftali
langs die See van Galilea
en die Transjordaan:
Galilea waar so baie
nie-Jode woon –
16die volk wat in die donker sit,
het ’n helder lig gesien.
En vir dié in die skemerland
van die dood –
vir hulle het ’n lig
opgegaan.”#4:15-16 Jes 8:23-9:1.
17Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig met die woorde: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy#4:17 Grondteks Die koningsheerskappy van die hemele. gaan nou enige oomblik begin!”
Jesus kies sy eerste dissipels
18Op ’n dag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon, ook bekend as Petrus, en sy broer Andreas. Hulle was besig om nette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. 19Daarop sê Hy vir hulle: “Kom! Word my dissipels,#4:19 Of Kom agter My aan of Volg My. en Ek sal julle vissers van mense maak.”
20Dadelik het hulle hulle nette gelos en Jesus se dissipels geword.
21’n Entjie verder het Hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in die boot besig om saam met hulle pa aan hulle nette te werk. Daarop roep Hy hulle om ook te kom. 22Sommer net daar het hulle die boot en hulle pa gelos en Jesus se dissipels geword.
23Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.
24Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was na Hom toe gebring: dié wat geteister was deur allerhande siektes en pyne, dié in wie daar bose geeste was, epileptici, verlamdes – en Hy het hulle gesond gemaak. 25’n Groot skare uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en die Transjordaan het Hom begin volg.

Выбрано:

MATTEUS 4: NLV

Выделить

Поделиться

Копировать

None

Хотите, чтобы то, что вы выделили, сохранялось на всех ваших устройствах? Зарегистрируйтесь или авторизуйтесь

YouVersion использует файлы cookie, чтобы персонализировать ваше использование приложения. Используя наш веб-сайт, вы принимаете использование нами файлов cookie, как описано в нашей Политике конфиденциальности