YouVersion Logo
Search Icon

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?

4 Days

Die boek Jona is ‘n verhaal wat ons vandag sal kan klasifiseer as ‘n satire. Die algemene bedoeling van satire is om humoristies te wees, met die groter doel as konstruktiewe sosiale kommentaar, deur die gebruik van vernuf as wapen en as hulpmiddel, om aandag te vestig op spesifieke en wyer geskille in die samelewing. Daar is baie sterk elemente van IRONIE in die verhaal. Jy verwag van die karakter een ding en dan gebeur die teenoorgestelde. Die profeet Jona, wat as man van God beskou sou word, is ongehoorsaam aan God se roeping terwyl ons gehoorsaamheid sou verwag.

Ons wil graag Moreleta Kerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.moreleta.org