Tye van groeiSample

Van bottel tot kos
"Mense wat nog van melk leef, kan nie werklik saampraat oor die suiwer leer nie. Hulle is dan nog maar net kinders. Vaste kos is bedoel vir grootmense – vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei" (Hebreërs 5:13-14 NLV).
Geestelike volwassenheid is nie noodwendig aan ouderdom gekoppel nie. Hopelik word almal van ons wyser met ouderdom en kan ons toenemend ons lewenservarings in die lig van God se waarheid evalueer. Maar selfs al is jy nog jonk – chronologies gesproke of ten opsigte van jou geloof – is daar geen rede waarom jy nie jou babaformule vaarwel kan toeroep en aanbeweeg na meer substansiële kos nie (Hebreërs 5:13-14).
Verbind jou daartoe om vaste tye saam met God deur te bring in gebed en lofprysing. Proe soveel moontlik van die Bybel. Kou en kou en sluk … en neem dan nog ’n hap. Ware groei is net moontlik as ’n mens behoorlike kos eet. Moenie tevrede wees met enigiets minder as ’n stewige bord kookkos nie!
Scripture
About this Plan

Ons almal gaan deur moeilike tye. Ons wil dit nie hê nie, maar dié tydperke van seer en stywe geestelike spiere vorm in jou iets wat geen ander ervaring sou kon voortbring nie. Dalene Reyburn herinner jou in hierdie 7 oordenkings dat ons soms uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei. Ons kan egter ook onthou dat God ons steeds styf vashou terwyl ons groei!
More
Related Plans

Between the Altar and the Father’s Embrace

Elijah: A Man Surrendered to God

And He Dwelt

Finding Joy

Men of the Light

The Power of Biblical Meditation

Mom in the Word: One-Year Bible Plan (Volume 1)

The Layoff Test: Trusting God Through a Season of Unemployment

God’s Word, Her Mission: Encouragement for Women Helping Build God’s Kingdom by Wycliffe Bible Translators
