Die deur is toe; wat nou?Sample

DAG 1:
"Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Moenie twyfel nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God ...” (Psalm 42:6 DB) .
Het jy al ooit voor die spreekwoordelike TOE DEUR te staan gekom?
Jare gelede het ek eenkeer aansoek gedoen vir ‘n bevorderingspos. Ek het dit toe nie gekry nie. My teleurstelling was groot. Vooraf het ek my dae omgebid. Toe ek eindelik oortuig is ek moet aansoek doen, was dit vir my ‘n groot oomblik. Op papier sou al die byvoordele baie vir my gehelp het, het ek gedink. Ek het gevoel dat ek vir so ‘n groot verantwoordelikheid gereed was. Dis net die pos vir my, het ek geglo! Toe kry ek dit nie. Die deur wat ek gedink het vir my sou oopgaan, was net bot toe!
Ken jy daardie teleurstelling? Miskien bid jy vir genesing van ‘n ernstige siekte. Miskien bid jy vir verlossing van ‘n verslawing, of jy bid vir ‘n werk. Miskien bid jy vir ‘n lewensmaat. Ja, die teleurstellings wanneer jou gebede nie verhoor word nie, raak soms so erg, dat jy in jouself en jou eie vermoëns begin twyfel en dat jy selfs vir God kwaad word.
In die Bybel lees ons van ‘n paar mense wat – ten spyte van probleme, teenslae, krisisse en teleurstellings – net eenvoudig aan God bly vashou het. Mense soos Job: hy het bankrot gegaan; Gideon: hy was bang en het minderwaardig gevoel; Moses: hy het ‘n spraakprobleem gehad en moes by tye die volk se opstand trotseer; Josef: sy broers was jaloers op hom en het hom probeer doodmaak; Daniël: mense het probeer om hom in onguns by die koning te kry. Daar was ook Maria Magdalena, Petrus en Paulus. Hulle swaarkry was nie vir God ‘n probleem nie. Hy het hulle gehelp. Nie soos wat hulle gedink het nie, maar omdat hulle aan Hom bly vashou het, het Hy vir elkeen die perfekte uitkoms gehad.
Soms gebeur dit dat God iets in jou lewe laat “doodgaan.” Maar moenie bekommerd wees nie. Opstanding is wie Hy is en dis wat Hy doen. God het Jesus uit die dood laat opstaan.
Niks is vir God onmoonlik nie! (Lukas 1:37).
GEBED:
My Here, hierdie deur voor my is toe en ek is regtig bang en moedeloos. Vergewe my asseblief en help my om net op U te vertrou. Dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Amen.
Scripture
About this Plan

Soms kom ons voor daardie spreekwoordelike "Toe Deur" te staan. Wat moet ons doen as dit vir ons voel God hoor ons nie? Die verhaal van die verlamde man wys ons daarop dat die toe-deur-oomblikke eintlik die begin kan wees van wonderlike deurbrake.
More
Related Plans

Free People: A Study in Galatians

Jesus Our Pattern: The Mind of Christ

Seek the Welfare of the City: A 16-Day Devotional & Call for Gospel & City Movement

Faith Arises Where He Speaks

Living in Divine Alignment

Songs for the House

BIBLE as the BEST TEXTBOOK

Jesus People Connect

Reveal
