My Allerbeste vir Sy HoogsteSample

DIE BRON VAN OORVLOEDIGE BLYDSKAP
Paulus praat hier van daardie dinge wat ’n gelowige dalk moontlik van die liefde van God kan skei. Die merkwaardige is dat daar niks is wat tussen die liefde van God en een van sy volgelinge kan kom nie. Die dinge wat Paulus in hierdie gedeelte noem, kan die intieme gemeenskap wat ons met God het versteur, en ons natuurlike lewe van Hom skei. Nie een daarvan is egter in staat om tussen die liefde van God en ’n gelowige te kom op geestelike vlak nie. Die onderliggende fondament van die Christelike geloof is die onverdiende, onbeperkte wonder van die liefde van God wat Hy aan die kruis op Golgota bewys het. Paulus sê dít is die rede waarom ons in al hierdie dinge meer as oorwinnaars is. Ons is superwenners wat gevul is met vreugde wanneer ons juis daardie dinge beleef wat lyk of dit ons gaan oorweldig.
Dieselfde massiewe brander wat ’n gewone swemmer met vrees vervul, vul die ervare branderplankryer met ’n gevoel van matelose opgewondenheid. Kom ons pas dit toe op ons eie omstandighede. Daardie dinge waarteen ons veg en wat ons probeer vermy – verdrukking, swaarkry en vervolging – is juis dié dinge wat oorvloedige vreugde in ons bewerk. Ons is in al hierdie dinge meer as oorwinnaars deur Hom, nie in die afwesigheid daarvan nie, maar te midde daarvan. ’n Gelowige ken nie die vreugde van die Here weens gebrek aan vervolging nie, maar as gevolg daarvan. Paulus het gesê: "In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap" (2 Korintiërs 7:4).
Daardie onverbloemde glans wat die gevolg is van oorvloedige blydskap berus nie op iets van verbygaande aard nie, maar op die liefde van God wat deur niks verander kan word nie. Die ervarings van die lewe, of dit nou alledaagse sleur of vreesaanjaende gebeure is, is magteloos om ons te skei van die liefde van God, wat daar is in Christus Jesus ons Here (Romeine 8:39).
Scripture
About this Plan

Oswald Chambers is bekend vir sy klassieke oordenkings. In hierdie 7-dag-leesplan wil hy jou herinner hoe belangrik die regte verhouding met God is, want daarin vind jy jou blydskap. Dan sal jy vind dat “strome van lewende water” uit jou sal vloei (Johannes 7:38) en kan jy ’n fontein wees waardeur Jesus sy “lewende water” kan laat vloei.
More
Related Plans

Journey Through Genesis 1-11

Connect With God Through Reformation | 7-Day Devotional

Revelation | Reading Plan + Study Questions

Go

Loving Well in Community

BEMA Liturgy I — Part C

The Journey of Prayer

Pray With Purpose: 3 Days of Collect Prayer

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work
