Laat Sy Liefde Jou LeiSample
Omdat Hy jou so liefhet
Waarom kan jy God met jou hele hart vertrou? Waarom sal Hy jou nooit in die steek laat nie? Jy dink dalk: "Ek was tog al so baie ontrou aan Hom." Geen mens kan jou beter op hierdie vrae antwoord as God self nie. Hoor hoe antwoord Hy jou deur sy Woord:
- “Onthou, die Here voorsien in elke behoefte van mense wat Hom dien. Jy sal niks nodig hê nie” (Ps. 34:10, DB). Jy kan God vertrou omdat Hy sélf in sy onfeilbare Woord sê dat Hy presies weet wat die beste vir jou is en wél daarin sal voorsien.
- “Maar as iemand God liefhet, is hy gedurig in God se gedagtes” (1 Kor. 8:3, DB). God kan nóóit van jou vergeet nie. Jy is vir Hom eenvoudig net te kosbaar.
- “Daar is geen grense aan die Here se liefde nie. Elkeen wat Hom dien en die ooreenkoms nakom wat Hy gesluit het, kan op sy liefde reken” (Ps. 103:17-18, DB). Jou Vader se liefdestrou is ononderhandelbaar.
Jy kan God vertrou omdat God Gód is en daarom presies weet wat die heel beste vir jou is. Gaan leef vandag met die waarheid dat jy oneindig kosbaar vir Hom is.
Immanuel, dankie dat u liefde vir my nooit sal ophou nie.
Hierdie oordenkings is geneem uit LAAT SY LIEFDE JOU LEI deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan
Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toevou en lei deur die goeie én moeilik dae. Hierdie sewe oordenkings is geneem uit LAAT SY LIEFDE JOU LEI deur Milanie Vosloo.
More