YouVersion Logo
Search Icon

Laat Sy Liefde Jou LeiSample

Laat Sy Liefde Jou Lei

DAY 3 OF 7

God is intens by jou betrokke

God los ons nooit alleen nie. Deur al die eeue was Hy op soveel kreatiewe maniere direk by sy kinders betrokke. Die Ou Testament vertel ons dikwels van God se gesprekke met sy kinders. Soms het Hy bloot gefluister, ander kere het Hy hard en duidelik gepraat en heel dikwels het Hy op verrassende maniere sy wil aan sy geliefdes bekendgemaak.

In die Nuwe Testament stuur God sy eie Seun om hier tussen ons te kom leef. En dan breek daar op Pinksterdag ’n nuwe fase van God se teenwoordigheid aan. Met die uitstorting van die Heilige Gees sorg die Here dat die Gees in elke kind van Hom teenwoordig is. Die Gees sit dan as’t ware Jesus se werk in ons voort deur ons – sy bruid – voor te berei vir die tweede koms van die Bruidegom.

Die feit dat die Woord en sy Gees self ons daarvan oortuig dat Hy van die skeppingsdag tot vandag toe intens by ons mensdom betrokke is, behoort ook jou hart met groot gerustheid en vrede te vul. Ook jy is immers nie een sekonde sonder sy teenwoordigheid in jou lewe nie.

Op hierdie oomblik, vandag, môre ... ja, tot in ewigheid kan jy weet: God en sy liefde is heeltyd ín jou!

Gees van God, ek weet U is bý my. Betrek my hele wese, asseblief.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Laat Sy Liefde Jou Lei

Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toevou en lei deur die goeie én moeilik dae. Hierdie sewe oordenkings is geneem uit LAAT SY LIEFDE JOU LEI deur Milanie Vosloo.

More