YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoe om Jou Lewe te GenietSample

Hoe om Jou Lewe te Geniet

DAY 1 OF 3

# Gaan Sy Poorte in met Blydskap Ons het almal maar ons hoogtepunte en laagtepunte — party goeie dae en ander slegtes. Maar elke dag is veronderstel om 'n dag te wees waarin die vreugde van die Here deur ons harte spoel, want dit is wat Hy belowe het. Die Bybel sê immers: "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" (Romeine 15:13) En ook ... “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees." (Johannes 15:11) Waarom is ons nie elke dag met vreugde vervul nie? Ek glo dit is omdat die meeste mense ver van God af is. En selfs as hulle probeer om in Hom te glo en Hom te volg, doen hulle dit op 'n afstand. Indien dit jou perspektief is, kan jy na al die probleme in hierdie wêreld kyk, na al die foute wat sogenaamde Christene in hul lewens maak, en dink: “Ag nee. Kyk na al die lyding, kyk na die gemors waarin hierdie planeet verkeer. God? Jy maak seker ‘n grap. Vreugde? Wat 'n totale spul snert.” Die probleem is, dat wanneer jy op 'n afstand staan, jy nie toegang tot sy vreugde het nie. Om na lyding te kyk en te redeneer dat God nie bestaan ​​nie, is soos om na mense met lang, vuil hare te kyk en te besluit dat haarkappers nie bestaan ​​nie. Hulle bestaan! Dit is net dat mense na hulle moet gaan om hul hare te laat versorg. So is dit met God. Lyding is ‘n werklikheid in hierdie wêreld, omdat mense nie na Hom toe gaan en met sy vreugde vervul word nie. In plaas daarvan, word hulle gevul met woede, seerkry, selfsug, eensaamheid en allerhande ander dinge, wat op hulle beurt, ander mense seermaak. As ons dus ons lewens wil geniet, moet ons toegang tot God se vreugde kry. Die Engels sê dit so mooi: “en-joy” means: to enter into joy.” My vriend, God wil die vensters van die hemel oopmaak en sy vreugde in jou en my lewe giet. Moet dus nie buite die huis ronddrentel en wonder hoe dit binne-in is, maar nooit die drumpel oorsteek nie. Loop in deur die deur. Ontdek sy vreugde om ware vreugde te vind. Ek glo dat Hy jou vandag hierheen gebring het, omdat Hy jou sy vreugde wil gee, die vreugde om Jesus Christus te ken. Laat ons dit vandag saam ondersoek. VRAE VIR OORDENKING : 1. In watter mate het die strewe na geluk jou gedagtes oorheers en hoeveel van jou energie het dit getap? Het dit vir jou gewerk? 2. Lees weer Jesus se woorde in Johannes 15:11. Wat sê Hy vir jou? 3. Dink spesifiek aan die uitdagings waarvoor jy te staan ​​kom. Wat sou dit beteken, hoe sou dit lyk, as jou blydskap op hierdie oomblik volkome sou wees? Voeg die Daad by die Woord: Spandeer tyd in gebed en vra, in geloof, vir God vir sy vreugde.
Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy