1
Romeine 2:3-4
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring? Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie?
Vergelijk
Ontdek Romeine 2:3-4
2
Romeine 2:1
Daarom is daar vir jou, o mens, wat oordeel, wie jy ook al is, geen verontskuldiging nie. Met die oordeel wat jy oor die ander persoon uitspreek, veroordeel jy immers jouself, omdat jy wat oordeel, dieselfde doen.
Ontdek Romeine 2:1
3
Romeine 2:11
Want God beoordeel niemand volgens sy uiterlike nie.
Ontdek Romeine 2:11
4
Romeine 2:13
Dit is tog nie die blote hoorders van die wet wat voor God regverdig is nie, maar dit is die daders van die wet wat geregverdig sal word.
Ontdek Romeine 2:13
5
Romeine 2:6
“Hy sal elkeen beloon volgens sy dade:”
Ontdek Romeine 2:6
6
Romeine 2:8
maar toorn en gramskap aan diegene wat uit eiesinnigheid ongehoorsaam is aan die waarheid en gehoorsaam aan die ongeregtigheid.
Ontdek Romeine 2:8
7
Romeine 2:5
Deur jou hardkoppigheid en onbekeerlike hart is jy besig om toorn teen jouself op te stapel op die dag van toorn, wanneer die regverdige oordeel van God geopenbaar sal word.
Ontdek Romeine 2:5