8
1 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
2 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
3 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
4 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
5 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
6 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
7 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
8 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
9 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
10 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
11 [Jhn 8:1-11 verskyn nie in die Oosterse Khabouris of Westerse Aramese Peshitta of in die 4 oudste Griekse manuskripte van Yoganan nie - sien die opmerkings]
12 Yeshua het weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is onveranderlik dieselfde, die Lig Dan 2:22 van die wêreld; wie My ook al volg, sal nie in die duisternis loop nie, maar sal die Lig van die lewe vind” Yes 9:2
13 Die Fariseërs het vir Hom gesê: “U getuig van Uself, U getuienis is nie waar nie.”
14 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Al getuig Ek ook van Myself, My getuienis is waar omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan, maar julle weet nie van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan nie.
15 Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie
16 en al oordeel Ek, My oordeel is waar omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek is saam met die Vader wat My gestuur het
17 en dit is ook in julle wet geskrywe, Deut 19:15 dat die getuienis van twee mense waar is.
18 Ek is onveranderlik dieselfde. Ek, wat van Myself getuig en My Vader, wat My gestuur het, het van My getuig.”
19 Hulle vra vir Hom: “Waar is U Vader?” Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle ken My nie en ook nie My Vader nie. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het.”
20 Hierdie dinge het Yeshua by die skatkamer gesê terwyl Hy in die tempel geleer het en niemand het Hom gevang nie omdat Sy tyd nog nie gekom het nie.
21 Yeshua het weer met hulle gepraat: “Ek beweeg aan en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Daar waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie.”
22 Die Jode het gevra: “Sal Hy Homself nou doodmaak?” want Hy het gesê: “Waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie.”
23 Hy sê vir hulle: “Julle is van benede, Ek is van bo. Julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.
24 Ek het vir julle gesê dat julle in julle sondes sal sterf, want as julle nie vertrou dat Ek onveranderlik dieselfde is nie, sal julle in jul sondes sterf.”
25 Die Jode vra: “Wie is U?” Yeshua antwoord hulle: “Wie Ek vir julle van die begin af gesê het.
26 Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel, maar Hy wat My gestuur het, is Waar en dít wat Ek van Hom gehoor het, dít sê Ek in die wêreld.” Deut 18:18
27 Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gepraat het nie.
28 Yeshua het weer met hulle gepraat: “Wanneer julle die Seun van die mens opgelig het, dan sal julle weet: Ek is onveranderlik dieselfde en dat Ek niks doen vir My eie plesier nie, maar net dit wat My Vader My geleer het, dit sê Ek.
29 Hy wat My gestuur het, is saam met My. Die Vader het My nie alleen gelos nie omdat Ek altyd doen wat Hom tevrede stel.”
30 Terwyl Hy hierdie dinge sê, het baie in Hom vertrou.
31 Yeshua sê vir die Jode wat in Hom vertrou het: “As julle voortdurend in My boodskap bly, dan is julle ware studentevolgelinge van My
32 en julle sal die waarheid ken en daardie waarheid sal julle vrymaak.”
33 Hulle antwoord Hom: “Ons is die nageslag van Avraham en van die ou tyd af het ons niemand as slawe gedien nie; hoe kan U sê: ‘Julle sal vry wees’?” Neg 9:36,37
34 Yeshua antwoord hulle: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde
35 en die slaaf bly nie vir altyd in die huis nie, maar die seun bly vir altyd.
36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
37 Ek weet dat julle die nageslag van Avraham is, maar julle beplan om My dood te maak omdat julle My boodskap nie begryp nie.
38 Ek praat van wat Ek by Mý Vader gesien het; julle doen wat julle by júlle vader gesien het.”
39 Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons vader is Avraham.” Yeshua sê vir hulle: “As julle die kinders van Avraham was, sou julle doen wat Avraham gedoen het,
40 maar nou, let op, julle beplan om My dood te maak. Dit het Avraham nie gedoen nie, maar julle doen die dade van júlle vader.
41 Dit is Ek wat aan julle die waarheid vertel, wat Ek van God gehoor het.” Hierop sê hulle vir Hom: “Ons is nie uit seksuele immoraliteit gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.”
42 Yeshua sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af uitgegaan, want Ek het ook nie uit My eie plesier gekom nie, maar Hy het My gestuur.
43 Waarom verstaan julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle nie My boodskap kan hoor nie.
44 Julle is van júlle vader, die teëstander en julle begeer om julle vader se wil te doen. Hy is ’n moordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy lieg, praat hy uit wat syne is, want hy is vanuit valsheid en die vader daarvan,
45 maar julle vertrou nie in My nie, Ek, wat die waarheid praat. Yir 31:11-25
46 Wie van julle kan My oortuig van sonde? As Ek die waarheid praat, waarom vertrou julle My nie?
47 Wie ook al van God is, luister na die woorde van God; daarom luister julle nie omdat julle nie van God is nie.”
48 Die Jode antwoord en sê vir Hom: “Is ons nie reg as ons sê dat U van Shomron is en dat U ’n demoon het nie?”
49 Yeshua antwoord: “Ek het nie ’n demoon nie, maar Ek eer My Vader en julle onteer My.
50 Ek soek nie eer, lof en grootheid vir My nie, daar is Een wat soek en oordeel.
51 Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê, wie ook al My boodskap uitvoer, sal die dood tot in ewigheid nooit sien nie.” Rom 6:23
52 Die Jode sê vir Hom: “Nou weet ons dat U ’n demoon het. Avraham en die profete is dood en U sê: ‘Wie ook al My boodskap uitvoer, sal die dood tot in ewigheid nooit sien nie.’
53 Is U groter as ons vader Avraham en as die profete wat dood is? Wat dink U van Uself?”
54 Yeshua sê vir hulle: “As Ek eer en lof aan Myself bring, is My eer en lof niks nie; dit is My Vader wat My vereer en loof, van Wie julle sê dat Hy julle God is
55 en julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek, soos julle, ’n leuenaar wees, maar Ek ken Hom en voer Sy boodskap uit. 1 Yog 2:22,23
56 Avraham, julle vader, het begeer om My dag te sien en hy het dit gesien en hom verheug.” Heb 11:10,13
57 Die Jode sê vir Hom: “U is nog nie vyftig jaar oud nie en het U Avraham gesien?”
58 Yeshua sê vir hulle: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: voordat Avraham bestaan het, was Ek.”
59 Hulle het klippe opgetel om Hom te stenig, maar Yeshua het Homself weggesteek en tussen hulle deurgeloop by die tempel uit.