Handelinge 8:29-31
Handelinge 8:29-31 SPC
Toe sê die Gees vir Filippos: “Gaan na die wa toe en bly by hom.” Toe hy naderkom hoor hy wat hy in die profeet Yesha’yahu lees en hy sê vir hom: “Verstaan u dit wat u lees?” Hy antwoord: “Hoe kan ek verstaan as iemand my nie leer nie?” Toe nooi hy Filippos om op te klim en by hom te kom sit.