Toe het Gananyah gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: “Sha’ul, my broer, ons Meester, Yeshua, Hy wat aan jou verskyn het op die pad toe jy gekom het, het my gestuur sodat jou oë oopgemaak kan word en jy met die Gees wat Afgesonderd is, gevul kan word.”
Dadelik het daar iets soos skubbe van sy oë afgeval en hy kon onmiddellik sien en hy het opgestaan en is gedoop.