Nadat hy agt of tien dae onder hulle gebly het, het hy na Kaisareia afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Sha’ul gebring moes word.
Toe hy kom, het die Jode wat vanaf Yerushalayim gekom het, rondom hom gestaan en baie en ernstige beskuldigings teen Sha’ul gemaak, wat hulle nie kon bewys nie.