1
JAKOBUS 1:2-3
Afrikaans 1983
AFR83
My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.
താരതമ്യം
JAKOBUS 1:2-3 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
2
JAKOBUS 1:5
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
JAKOBUS 1:5 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
3
JAKOBUS 1:19
My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.
JAKOBUS 1:19 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
4
JAKOBUS 1:4
En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.
JAKOBUS 1:4 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
5
JAKOBUS 1:22
Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.
JAKOBUS 1:22 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
6
JAKOBUS 1:12
Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
JAKOBUS 1:12 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
7
JAKOBUS 1:17
Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.
JAKOBUS 1:17 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
8
JAKOBUS 1:23-24
Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
JAKOBUS 1:23-24 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
9
JAKOBUS 1:27
Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.
JAKOBUS 1:27 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
10
JAKOBUS 1:13-14
Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.
JAKOBUS 1:13-14 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
11
JAKOBUS 1:9
'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het
JAKOBUS 1:9 പര്യവേക്ഷണം ചെയ്യുക
ആദ്യത്തെ സ്ക്രീൻ
വേദപുസ്തകം
പദ്ധതികൾ
വീഡിയോകൾ