1
Markus 5:34
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
Hy sê toe vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees genees van jou kwaal.”
Lee anya n'etiti ihe abụọ
Nyochaa Markus 5:34
2
Markus 5:25-26
Daar was 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het erg gely onder baie dokters, en sy het al haar besittings daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie – dit het eerder slegter met haar gegaan.
Nyochaa Markus 5:25-26
3
Markus 5:29
Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is.
Nyochaa Markus 5:29
4
Markus 5:41
Hy neem toe die kindjie se hand en sê vir haar, “Talita koem!” wat, as dit vertaal word, beteken ‘Dogtertjie, Ek sê vir jou: Staan op!’
Nyochaa Markus 5:41
5
Markus 5:35-36
Terwyl Hy nog praat, kom daar mense van die leier van die sinagoge se huis af en sê: “U dogter het gesterf. Waarom val u die leermeester nog lastig?” Jesus het egter in die verbygaan gehoor toe die berig oorgedra word, en sê toe vir die leier van die sinagoge: “Moenie ontsteld wees nie – glo net!”
Nyochaa Markus 5:35-36
6
Markus 5:8-9
Want Hy het vir hom gesê: “Onrein gees, gaan uit die man uit!” Hy vra hom toe: “Wat is jou naam?” Hy antwoord Hom: “My naam is Legioen, want ons is baie!”
Nyochaa Markus 5:8-9