Matteus 16
16
Jesus doen nie wonders
ter wille van die vertoon nie
1ân Groepie FariseĂŤrs en SadduseĂŤrs het op die toneel verskyn om Jesus in die openbaar te probeer verneder. Hulle het Hom voor die mense uitgedaag om ân wonderwerk te doen. 2Jesus het egter vir hulle gesĂŞ: âJulle weet mos goed om die weer te voorspel. In die aand sĂŞ julle: âMĂ´re gaan dit mooi weer wees. Kyk net hoe rooi is die lug.â 3En wanneer die lug toegetrek is, sĂŞ julle: âVandag gaan dit onweer wees.â As julle so goed is met die weer, hoekom kan julle dan nie die tyd reg lees nie? Kan julle nie sien wie nou by julle is nie?
âJulle spul sondaars is op soek na tekens. Julle wil ân bewys hĂŞ dat God deur My werk. Weet julle, dit is net sy vyande wat allerhande tekens wil hĂŞ. 4Die enigste âtekenâ wat Ek bereid is om vir julle te gee, is diĂŠ van Jona wat drie dae lank in die maag van ân vis was. My lewe sal ook vorentoe soos diĂŠ van Jona verloop.â
Jesus het toe omgedraai en weggestap.
Oppas vir verkeerde leringe
5ân Rukkie later, toe hulle onderweg was na die oorkant van die See van Galilea, het die dissipels agtergekom dat hulle vergeet het om brood te koop. 6Jesus sĂŞ toe vir hulle: âJulle moet baie versigtig wees vir die suurdeeg van die FariseĂŤrs en die SadduseĂŤrs.â 7Die dissipels het saggies vir mekaar gesĂŞ dat Hy seker maar verwys na die feit dat hulle vergeet het om brood te koop. 8Jesus het egter goed geweet wat hulle onder mekaar sĂŞ.
âHoekom is julle bekommerd omdat julle vergeet het om brood te koop?â vra Hy. âJulle is regtig kleingelowig. Vergeet julle so gou? 9Onthou julle dan nie meer hoeveel mandjies oorskietkos julle opgetel het nadat Ek vir 5 000 mense met vyf brode kos gegee het nie? 10En wat van die ander keer toe Ek vir 4 000 mense met sewe brode kos gegee het? Toe het daar ook ân hele klomp mandjies vol kos oorgebly. 11Hoe kan julle dan nog dink dat Ek oor kos gepraat het toe Ek gesĂŞ het dat julle moet lig loop vir die suurdeeg van die FariseĂŤrs en die SadduseĂŤrs?â
12Toe begryp die dissipels dat Jesus nie met hulle gepraat het oor die suurdeeg wat in brood gebruik word nie. Hulle het besef dat Hy hulle wou waarsku teen die verkeerde leringe van die FariseĂŤrs en die SadduseĂŤrs. Dit is soos suurdeeg wat ân mens se hele lewe deurmekaarkrap.
Petrus sĂŞ wie Jesus is
13Toe Jesus op ân dag naby die stad Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels: âWat sĂŞ die mense oor My, die Seun van die mens?â
14Hulle antwoord: âParty sĂŞ U is Johannes die Doper wat weer lewendig geword het. Ander sĂŞ weer Elia. Nog ander sĂŞ U is Jeremia of een van die profete.â
15Jesus vra hulle toe trompop: âEn wat sĂŞ julle van My? Wie is Ek volgens julle?â
16Simon Petrus het nie ân oomblik gehuiwer nie: âU is die Christus, die Redder wat deur God na ons gestuur is. U is die Seun van die lewende God.â
17Daarop sĂŞ Jesus: âJy is baie gelukkig, Simon seun van Jona! Want jy het dit nie by ander mense gehoor nie. Nee, my Vader in die hemel het self hierdie groot waarheid aan jou bekendgemaak.
18âNoudat jy gesĂŞ het wie Ek is, gaan Ek ook vir jou sĂŞ wie jy regtig is. Jy is Petrus, die rots. Op hierdie rots sal Ek my kerk bou. Hierdie belydenis is so groot dat selfs nie eens die grootste magte van die hel sterk genoeg is om dit stil te maak nie.
19âEk gaan ook vir jou die sleutels van God se nuwe wĂŞreld gee. Jy kan nou die pad daarheen vir ander mense oopsluit en toesluit. Jy moet in my Naam vir mense sĂŞ hoe om daar te kom. Op hierdie manier sluit jy dan die deur na God se koninkryk vir hulle oop. Wanneer hulle nie na jou wil luister nie, moet jy vir hulle sĂŞ dat God se oordeel op hulle rus. So sluit jy dan die deur soontoe vir hulle toe.â
20Nadat Jesus al hierdie dinge vir die dissipels gesĂŞ het, het Hy hulle verbied om vir ander mense te sĂŞ dat Hy die Messias, God se Gestuurde, is.
Die Messias kom om te ly
21Jesus het van toe af begin om vir sy dissipels te verduidelik waarom Hy regtig Jerusalem toe moes gaan. Hy het gesĂŞ dat Hy in die hande sou val van al die godsdienstige leiers en skrifkenners van die volk en dat hulle Hom baie sou laat ly. Uiteindelik sou Hy doodgemaak word. Op die derde dag sou God Hom egter weer lewendig maak.
22Petrus was baie geskok oor hierdie woorde. Hy het Jesus eenkant toe geneem en gesĂŞ: âNooit aste nimmer nie! God sal mos nie toelaat dat so iets met U gebeur nie.â
23Jesus het egter vir Petrus waterpas in die oĂŤ gekyk en vir hom gesĂŞ: âGee pad van my af, Satan! Dit is Satan self wat nou deur jou praat. Daarom probeer jy God se plan dwarsboom. Jy is nie aan sy kant nie, maar aan die kant van die mense.â
Dit is moeilik om ân volgeling van Jesus te wees
24Daarna het Jesus vir sy dissipels gesĂŞ: âAs mense my volgelinge wil wees, moet hulle hulle hele lewe vir My gee. Om My te volg is baie moeilik. Dit is net so moeilik soos om jou eie kruis na die plek van jou teregstelling toe te dra. 25As jy net vir jouself wil lewe, sal jy uiteindelik jou lewe verloor en in die doderyk beland. As jy egter bereid is om jou lewe aan My te wy, sal jy beslis ân plek kry in God se nuwe wĂŞreld.
âJy moet ân keuse maak wat jy met jou lewe wil doen. Vra jou eers die volgende vraag af: 26Wat help dit as jy die hele wĂŞreld aan jou voete het, maar jy kry nie ân plek in God se nuwe wĂŞreld nie? Kan enigiets op aarde ooit daarteen opweeg?
27âEk wil julle ook waarsku: Ek, die Seun van die mens, sal binnekort met my engele terugkeer na die wĂŞreld toe. Al die Goddelike heerlikheid van my Vader sal My op daardie dag omring. Dan gaan Ek elke mens se beloning vir hom uitdeel. Ek gaan kyk hoe almal geleef het en vir elkeen gee wat hy verdien.
28âEk het egter goeie nuus vir julle: party van julle wat nou na My luister, sal beslis nie doodgaan voordat julle met julle eie oĂŤ gesien het hoe Ek op die toneel verskyn nie. Julle sal sien hoe God se nuwe wĂŞreld aanbreek.â
Chwazi Kounye ya:
Matteus 16: DB
Pati Souliye
Kopye
Konpare
Pataje
Ou vle gen souliye ou yo sere sou tout aparèy ou yo? Enskri oswa konekte
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.
