Logo YouVersion
Îcone de recherche

MATTHÉÜS 28

28
Die opstanding.
(Mk. 16:1-8; Lk. 24:1-12; Joh. 20:1-18.)
1 EN laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
2En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
3En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
4En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
6Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
7en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.
8En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
9En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.
10En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.
Die verhaal wat onder die Jode versprei is.
11EN terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.
12En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee
13en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.
14En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.
15Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
Die verskyning van Jesus in Galiléa.
16EN die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.
17En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
18En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
20En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Sélection en cours:

MATTHÉÜS 28: AFR53

Surbrillance

Partager

Copier

None

Tu souhaites voir tes moments forts enregistrés sur tous tes appareils? Inscris-toi ou connecte-toi

YouVersion utilise des cookies pour personnaliser votre expérience. En utilisant notre site Web, vous acceptez l'utilisation des cookies comme décrit dans notre Politique de confidentialité