YouVersion Logo
Search Icon

EVERY NATION PAARL

God se Koninkryk sal oorwin!

God se Koninkryk sal oorwin!

Heilige Gees reeks

Locations & Times

Noord Eind Laerskool Paarl

Northern Paarl, Paarl, 7646, Suid-Afrika

Sunday 8:30 AM

Niks gaan God se Koninkryk oorwin nie, niks.

Matt 16:13-20. 13 Toe Jesus in die omgewing van Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels:
· ‘n Stad in die tyd van Jesus, Romeinse administratiewe stad.
· Grot wat toe gewy was aan die Griekse God Pan.
· Pan was ‘n god van die natuur wat,
· Die enigste griekse god wat dood is.
· Pan het homself vermom met skaap klere om seks te he met diere en ander godinne.
“Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?”
14 “Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.” 15 Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?”
· By die tempel van n valse god, toet Jesus hulle geloof in Hom as God en gebruik dit as ‘n stelling.

16 Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.” 17 Jesus het hom geantwoord: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie. 18 “Ek verklaar nou vir jou: ‘Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie. 19 Ek vertrou die sleutels van God se koninkryk aan jou toe. Wat jy ook al op aarde toesluit, sal ook by God toegesluit bly, en wat jy ook al oopsluit, sal ook by God oopgesluit bly.’” 20 Hy gee toe streng opdrag aan sy dissipels om vir niemand te vertel dat Hy die Messias is nie.
· God vertrou die sleutels van die hemele aan ons toe, Sy kerk.
· Die kerk is magtig en kragtig.
Joh 1:4-5. 4 In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense.
5 Die lig skyn in die duisternis, ja – die duisternis het dit nie uitgedoof nie!
· Niks sal die lewe in ons kan uitdoof as ons in die lig bly nie.
Markus 16:14-20. 14 Nog later het Hy aan die elftal self verskyn terwyl hulle besig was om saam te eet. Hy het hulle aangespreek oor hulle ongeloof – hulle koppige onwilligheid om dié te glo wat Hom ná sy opstanding gesien het.
TWEE FAKTORE WAT DAARDIE KRAG IN ONS NEUTRALISEER:
· Ongeloof
· En ‘n koppige onwilligheid.

15 Toe het Hy hulle beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. 16 Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word. 17 Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo: Hulle sal duiwels in my Naam uitdryf, en hulle sal in nuwe tale praat. 18 Hulle sal slange ongedeerd kan hanteer en as hulle iets giftigs drink, sal dit hulle nie affekteer nie. Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word.”
· God se Gees is kragtig in ons aan die werk, laat toe dat Hy werk in jou.
· Die een in jou is kragtiger as die een in die wereld.

19 Nadat die Here Jesus klaar met hulle gepraat het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy op die ereplek aan God se regterhand gaan sit. 20 Die dissipels het toe die Goeie Nuus oral gaan verkondig, en die Here het saam met hulle gewerk en hulle boodskap bevestig deur die wondertekens wat daarmee gepaardgegaan het.
· Die Koninkryk van God is kragtig.
TOEPASSING:
· Bekeer jou laat jou doop as jy nog nie is nie,
· Laat toe dat God se lig die duisternis in jou uitdryf,
· Glo en gaan maak dissipels.
· Raak deel van God se kerk.