Wie het kon dink dat Jesus vir iemand sou sê: "... Wat gaan dit jou aan? ..." (Joh. 21:22).
En dit nogal benadruk deur dit te herhaal: "... wat gaan dit jou aan? ..." (Joh. 21:23).
In hierdie gesprek verwys Jesus na hoedanige dood Petrus sou sterf, en dit is per implikasie duidelik dat dit 'n martelaarsdood sou wees (Joh. 21:18-19).
Volgens oorlewering was Petrus deur middel van kruisiging in Rome tereggestel.
Op sy versoek was hy onderstebo gekruisig, want hy het aangevoer dat hy nie waardig was om op dieselfde manier as Christus gekruisig te word nie.