Kinderoomblik -
Vier jou/julle identiteit as gedooptes. Steek jou/almal se doopkerse aan. As jy/julle nie so iets het nie, gaan koop ‘n mooi kers of vat sommer enige kers. Die kerse herinner jou/ons dat jy/ons gedoop is en kinders van God is. Vertel vir julle kinders van hulle doopdag.
Julle kan ook beurte maak om julle hande in die bak water te steek en ‘n kruis op julle voorkop te maak. Se vir mekaar jy is gedoop. God sal altyd by jou wees. Jy is spesiaal vir God en ons.
Moontlike vrae -
Wat beteken jou doop vir jou?
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou?
Agtergrond -
Hierdie Evangelie het na alle waarksynlikheid in die tydperk rondom 65 nC ontstaan, voordat Jerusalem in die jaar 70 nC verwoes is. Die verwagting van komende onheil wat veral in Markus 13 na vore tree, dui daarop dat die Joodse Oorlog van 66-70 nC nog nie sy hoogtepunt bereik het nie.
Die Markusevangelie is die oudste van die Evangelies. Markus het sy Evangellie waarksynlik in Rome en vir Christene in Rome geskryf. Hulle was ‘n bedreigde godsdienstige minderheid in die hoofstad van die Romeinse Ryk. Hy skryf sy evangelie hoofsaaklik om sy eerste lesers aan te moedig om in moeilike omstandighede in hulle belydenis te volhard.
Dit is interessant dat Markus niks vertel van Jesus se geboorte of van sy kinderdae nie.. Markus begin sy verhaal van die evangelie, die goeie nuus van Jesus Christus, die Seun van God, nie bv. met die geboorte van Jesus nie of met sy kinderdae nie, maar met Johannes die Doper se optrede.
Ons hoor in vers 1-8 dat Johannes die Doper die pad vir Jesus gereed maak. In vers 9-13 hoor ons van Jesus se doop en sy versoeking in die woestyn.
Die Jode het verwag het dat ‘n boodskapper sou kom om die koms van die Messias aan te kondig en die pad vir Hom gereed te maak. Hierdie boodskapper, hierdie profeet sou soortgelyk wees aan Elia.
Markus lig uit dat Johannes die Doper, hierdie boodskapper is. Hy het in ook die woestyn opgetree en sy vreemde kleredrag en dieet laat mens dink aan die profeet Elia (sien 2 Kon 1:8). Dit was destyds die gebruik om ‘n boodskapper vooruit te stuur as ‘n koning op pad was. Dan kon die mense hulle voorberei sodat hulle nie onkant gevang sou word nie. Dit was Johannes gedoen het vir Jesus.
Hy het mense ernstig opgeroep tot bekering. As bevestiging van mense se nuwe lewe het hy hulle gedoop.
Johannes was egter nie die lang verwagte Messias, die verlosser nie.
Johannes se: “Ek is nie eers werd om te buk en die riempies van sy sandale los te maak nie”. Slawe moes dit vir hulle base doen het voor hulle voete gewas het. Wie dit sou doen was baie onbelangrik. Johannes se hy is nie eers waardig om dit vir Jesus te doen nie. Hy is totaal ondergeskik aan Jesus, die Seun van God.
Johannes het ook net met water gedoop. Jesus gaan met die Heilige Gees doop.
Jesus word dan gedoop. Met sy doop kom identifiseer Jesus homself met die mense, die berouvolle sondaars en se hy neem die sonde van die mens op Hom. Hy kom se dat hy die sondelose Lam die Een is wat mense van hulle sonde gaan verlos. Jesus begin dus sy openbare bediening deur Hom te vereenselwig met berouvolle sondaars.
Toe Jesus uit die water opkom, het hy die hemel sien oopgaan, of oopskeur soos die Grieks se. Die Gees het toe soos ‘n duif op neergedaal en God se jy is my seun, my geliefde. Oor jou verheug Ek My!
Met die doop begin Jesus se openbare bediening. Sy weg na die kruis, na die dood, maar hy het van God die versekering gekry dat Hy sy geliefde Seun is. Dit is sy diepste identiteit waaruit hy moes leef. Hy is ook met die Gees bekragtig vir sy bediening.