Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Die Belangrikheid Van GebedMuestra

Die Belangrikheid Van Gebed

DÍA 26 DE 43

In Afwagting op God se Antwoord 

Lees: Klaagliedere 3:19–26 

SOAP: Klaagliedere 3:25–26 

Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop,

vir die mens wat na sy wil vra;

dit is goed om geduldig te wag

op die hulp van die Here.


Oordenking

Die profeet Jeremia het groot verlies ervaar, maar hy het sy siel bemoedig deur na te dink oor God se karakter en om te onthou dat die Here se liefde standvastig en seker is. Hy het sy lewe gegrond op die fundamentele waarheid van wie God is eerder as met die wisselvalligheid van veranderende omstandighede.

Gedurende ons eie seisoene van droefheid of verlies of beproewing, kan ons die hoop in ons harte lewend hou deur ons gedagtes ferm op die onveranderlike eienskappe van ons hemelse Vader te rig. Ons kan altyd op Hom vertrou. Hy sal altyd antwoord en redding bied. God se liefde vir sy mense word nie deur ons keuses bepaal nie. Selfs wanneer ons wankel, hou God ons styf vas in sy onveranderlike liefde en laat los nooit nie. 

Sy deernis is oneindig. Die Here dra ons laste en voorsien ons elke oggend van nuwe genade. Wanneer ons ons gebroke lewens oorgee, gee Hy oorvloedige vertroosting. Ons kan berus in die wete dat ons Vader altyd sy arms sal oopmaak om ons te ontvang en ons te herstel as ons tot Hom roep met berouvolle harte.

Sy getrouheid is onuitputlik. Ons Vader doen altyd wat Hy belowe het. Die vyand mag tydelike hindernisse oor ons pad bring, maar hy kan nie God se doel vir ons lewens dwarsboom nie. Ons lewens mag nou wel in 'n toestand van voortdurende onvastheid wees, maar ons onveranderlike God het ons nie vergeet nie. 

Jy mag vandag uiterlike verdrukking in die gesig staar, maar jy hoef nie onder vrees gebukkend te gaan nie. Jy kan jou bekommerde siel bemoedig deur te kies om voortdurend God se karakter te onthou. Probleme kan jou nie verswelg as jy volkome op die Rots van jou redding vertrou nie. 


Gebed

Vader God, u is getrou en onveranderlik, vol deernis en barmhartigheid. Help my wanneer ek oorweldig voel om hierdie waarheid te onthou en op U te vertrou. Ek weet dit is goed om op U te wag vir u perfekte tydsberekening. Ek weet ek kan op U vertrou om vir my in te tree en my te verlos, maak nie saak wat die omstandigheid is nie. In die Naam van Jesus, amen.




Acerca de este Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More