Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

ROMEINE 14

14
Hoe ons moet optree wanneer ons van mekaar verskil
1Julle moet medegelowiges met ’n sensitiewe geloofsbelewing aanvaar sonder om hare te kloof oor hulle oortuigings. 2Een persoon sal byvoorbeeld glo ’n mens kan maar alles eet. Maar ’n ander een, met ’n meer sensitiewe geloof, eet weer net groente. 3Dié wat vrymoedigheid het om alles te eet, moet nie uit die hoogte neersien op hulle wat dit nie doen nie. Net so moet die nie-eters die eters nie veroordeel nie, want God het hulle by Hom verwelkom. 4Wie gee jou die reg om oor iemand anders se huiswerker te oordeel? Dit is vir elkeen se eienaar om te besluit of hy die toets slaag of nie. Hy sál egter slaag, want die Here is magtig om hom te láát slaag.
5Net so is daar dié vir wie die een dag meer besonders is as die ander, terwyl ander weer alle dae as ewe belangrik beskou. Elkeen behoort seker te maak van sy eie oortuiging in hierdie verband. 6Dié wat ’n spesifieke dag uitsonder, doen dit vir die Here. Dié wat alles eet, doen dit ook vir die Here, want hulle dank God daarvoor. En dié wat net sekere soorte kos eet, doen dit vir die Here, want ook hulle dank God daarvoor.
7Ons het nie finale seggenskap oor onsself nie – of ons lewe of sterwe. 8As ons leef, leef ons mos vir die Here, en as ons sterf, sterf ons vir Hom. Of ons dan lewe of sterwe, ons is volkome sy eiendom. 9Dít is tog waarvoor Christus gesterf het en weer lewendig geword het – om Heer te wees oor dooies en lewendes.
10Jy dan, waarom veroordeel jy jou medegelowige#14:10 Grondteks broer.? En jy weer, waarom sien jy neer op jou medegelowige? Ons moet tog almal eendag voor God se regbank verskyn. 11Die Skrif sê mos:
“So seker as Ek lewe,”
verklaar die Here,
“elke knie sal voor My buig,
en elke tong sal bely
dat Ek God is.”#14:11 Jes 45:23.
12Elkeen van ons sal dus oor ons eie doen en late voor God verantwoording moet doen. 13Daarom, kom ons neem ons voor om so op te tree dat ons nie ons medegelowiges#14:13, 15a, 21 Grondteks broer. sal laat struikel of dinge vir hulle moeilik maak nie.
14Op grond van my verhouding met Jesus die Here is ek absoluut oortuig daarvan dat ’n mens enige soort kos kan eet. Dis nie op sigself onrein nie. Maar as iemand dit as onrein beskou – nou ja, dan is dit vir daardie persoon verkeerd. 15En as jy jou medegelowige#14:13, 15a, 21 Grondteks broer. ontstel deur wat jy eet, dan handel jy nie meer volgens die reël van die liefde nie. Jy moet tog nie deur wat jy eet iemand se lewe verwoes nie. Onthou, Christus het vir daardie medegelowige#14:15b Grondteks vir hom. gesterf! 16Sorg dan dat daar nie sleg gepraat word oor iets waarvan julle weet dat dit op sigself goed is nie.
17As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daarom dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk. 18As jy Christus met hierdie gesindheid dien, maak jy God gelukkig en die mense rondom jou sal jou respekteer.
19Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.
20Moenie langer toelaat dat die Here se werk afgebreek word en dit oor kos nie. Onthou, ’n mens kan alles eet, maar dit is sleg as jy deur iets wat jy eet ’n medegelowige#14:20 Grondteks iemand. laat struikel. 21’n Mens behoort nie vleis te eet of wyn te drink of enigiets anders te doen wat ’n medegelowige#14:13, 15a, 21 Grondteks broer. laat struikel nie. 22Jy is dalk persoonlik daarvan oortuig dat jy niks verkeerds doen nie, maar hou dit liewer tussen jou en God. Gelukkig is jy as jy nie jouself hoef te verwyt oor wat jy weet op sigself reg is nie. 23Maar as jy twyfel en tog eet, staan jy veroordeel omdat jy nie volgens jou geloofsoortuiging handel nie. Alles wat jy nie uit volle geloofsoortuiging doen nie, is sonde.

Actualmente seleccionado:

ROMEINE 14: NLV

Destacar

Compartir

Copiar

None

¿Quieres guardar tus resaltados en todos tus dispositivos? Regístrate o Inicia sesión

YouVersion utiliza cookies para personalizar su experiencia. Al usar nuestro sitio web, acepta nuestro uso de cookies como se describe en nuestra Política de privacidad