Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

ROMEINE 10

10
1Broers en susters#10:1 Grondteks Broers., die intense verlange van my hart en my gebed tot God is dat my volk verlos sal word. 2Ek kan getuig hoeveel hulle hulle vir God beywer, maar hierdie ywer is sonder die regte insig. 3Want hulle ignoreer die vryspraak van God en hulle streef daarna om self hulle saak met God reg te maak. Hulle is nie bereid om God se vryspraak te aanvaar nie. 4Christus is immers die eindbestemming van die wet sodat elkeen wat in Hom glo, vrygespreek kan word.
God se verlossing is daar vir almal
5Moses skryf soos volg omtrent die moontlikheid om jou saak met God reg te maak: “Wie die vereistes van die wet nakom, sal daardeur lewe.”#10:5 Vgl Lev 18:5. 6Maar die vryspraak wat ’n mens kry deurdat jy glo, se boodskap is: “Jy hoef nie in jou hart te wonder: ‘Wie sal na die hemel opklim’ – dit wil sê om Christus na die aarde toe te bring om jou te help, of: 7‘Wie sal na die plek van die dooies onder die aarde afdaal’ – dit wil sê om Christus uit die dood#10:7, 9 Grondteks tussen die dooies uit. terug te bring nie. 8Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui:
‘Die boodskap is hier by jou,
op jou lippe en in jou hart.’”#10:6-8 Deut 30:12-14.
9Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood#10:7, 9 Grondteks tussen die dooies uit. opgewek het, sal jy verlos word. 10Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos. 11Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.”#10:11 Vgl Jes 28:16. 12Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy ’n Jood of ’n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep. 13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”#10:13 Joël 2:32..
14Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? 15En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!”#10:15 Jes 52:7.
16Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?”#10:16 Jes 53:1. 17Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.
18Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor:
“Die boodskappers se stem
het oor die hele wêreld uitgegaan;
hulle woorde tot by
die uithoeke van die aarde.”#10:18 Ps 19:5.
19Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê:
“Ek sal julle jaloers maak
op mense wat eintlik
geen volk is nie;
Ek sal julle kwaad maak oor
’n volk
wat nie julle kennis het nie.”#10:19 Deut 32:21.
20Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God:
“Ek is gevind deur mense
wat nie na My gesoek het nie;
Ek het Myself bekendgemaak
aan mense wat nie
na My gevra het nie.”#10:20 Jes 65:1.
21Maar wat Israel betref, sê God: “Die hele dag deur het Ek my arms na hulle toe uitgesteek; maar hulle het steeds volhard in hulle ongehoorsaamheid en het steeds bly teëstribbel.”#10:21 Jes 65:2.

Actualmente seleccionado:

ROMEINE 10: NLV

Destacar

Compartir

Copiar

None

¿Quieres guardar tus resaltados en todos tus dispositivos? Regístrate o Inicia sesión

YouVersion utiliza cookies para personalizar su experiencia. Al usar nuestro sitio web, acepta nuestro uso de cookies como se describe en nuestra Política de privacidad