Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

PSALMS 17

17
Here, U ken my opregtheid
1’n Dawidsgebed.
Luister na my
wanneer ek smeek
dat U aan my reg moet laat geskied,
Here,
luister na my geroep om hulp.
Gee tog aandag aan my gebed,
want wat ek sê,
is met opregtheid.
2Verklaar my nou onskuldig;
U sien tog self
wat reg is!
3U het my gedagtes getoets,
my in die nag ondersoek.
U het my deeglik beproef,
maar niks verkeerds gekry nie;
ek is vasbeslote om
nie te sondig
in wat ek sê nie.
4Wat mensewerk betref –
ek het volgens u voorskrifte
gelewe
en nie die paaie gevolg
van geweldenaars nie.
5My voetstappe
was in u voetspore.
My voete het nie gewankel nie.
6Ek roep tot U, o God,
want ek weet U sal antwoord.
Draai na my toe en luister as ek bid.
7U wat red met u sterke hand,
toon u wonderlike trou
aan hulle
wat beskerming soek
van vyande.
8Beskerm my
soos die appel van u oog.
Bedek my
in die skadu van u vlerke,
9van bose mense wat my aanval,
van wrede vyande
wat my omring.
10Hulle het opstandig geword.
Hulle praatjies is verwaand.
11Hulle spoor my op
en omsingel my,
hulle is gereed
om my neer te gooi
op die grond.
12Hulle is soos honger leeus,
gretig om my te verskeur,
soos jong leeus wat wegkruip
en wag vir hulle kans.
13Staan op, Here!
Weerstaan hulle
en bring hulle op hulle knieë!
Red my van bose mense
met u swaard!
14Red my met u magtige hand,
Here,
van mense van hierdie wêreld
wat hulle loon
in hierdie lewe kry.
Mag hulle die volle straf ontvang,
hulle kinders
nog meer as dit erf,
en ook hulle kleinkinders.
15Maar omdat ek reg gedoen het,
sal ek U sien.
Wanneer ek wakker word,
sal ek tevrede wees
in u teenwoordigheid.

Actualmente seleccionado:

PSALMS 17: NLV

Destacar

Compartir

Copiar

None

¿Quieres guardar tus resaltados en todos tus dispositivos? Regístrate o Inicia sesión

YouVersion utiliza cookies para personalizar su experiencia. Al usar nuestro sitio web, acepta nuestro uso de cookies como se describe en nuestra Política de privacidad