The Bible App is completely free, with no advertising and no in-app purchases. Get the app
Van trane tot oorwinning

3 Days
Hierdie 3-dagleesplan, gebaseer op temas uit Genesing vir Elke Vrou deur Joyce Meyer, help jou om jou emosies te verstaan en God se doel daarin raak te sien. Dag 1 gee jou toestemming om eerlik te wees oor jou pyn, Dag 2 wys hoe Jesus jou help deur jou ervarings, en Dag 3 bring jou by jou ware identiteit in Christus. Dit is ’n pad van rou na herstel en uiteindelik na vryheid. Jy sal ontdek dat jou pyn nie die einde van jou storie is nie, maar deel van hoe God jou vorm.
Ons wil graag Lux Verbi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.nb.co.za/LuxVerbi