YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 1

1
Die voorvaders en die verspreiding van hulle nageslag
(Vgl. Gen. 10:2-30)
1Adam, Set, Enos, 2Kenan, Mahalalel, Jered, 3Henog, Metusalag, Lameg, 4Noag.
Noag se seuns was Sem, Gam en Jafet.
5Die geslag van Jafet:
Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras. 6Die nageslag van Gomer: Askenas, Rifat en Togarma. 7Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom.
8Die nageslag van Gam:
Kus, Egipte, Put en Kanaän. 9Die nageslag van Kus: Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama: Skeba en Dedan. 10Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde. 11Uit Egipte het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete, 12Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane. 13Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het, 14die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, 15Hewiete, Erekiete, Siniete, 16Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.
17Die nageslag van Sem:
Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Mesek. 18Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber. 19Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg , want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan. 20Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 21Hadoram, Usal, Dikla, 22Obal, Abimael, Skeba, 23Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom.
Abraham en sy nageslag
(Vgl. Gen. 11:10-32; 25:1-4,12-16; 36:1-30)
24Sem, Arpaksad, Selag, 25Heber, Peleg, Reü, 26Serug, Nahor, Tera en 27Abram, later Abraham genoem.
28Die seuns van Abraham was Isak en Ismael. 29Die oudste, Ismael, se nakomelinge was Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam, 30Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema, 31Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was die seuns van Ismael. 32Die seuns van Ketura, Abraham se byvrou: sy was die moeder van Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Die seuns van Joksan was Skeba en Dedan, 33en die seuns van Midian was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle het almal uit Ketura voortgekom.
34Abraham was ook die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel. 35Die seuns van Esau was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag. 36Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek. 37Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa. 38Die seuns van Seïr was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan. 39Die seuns van Lotan was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster. 40Die seuns van Sobal was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Die seuns van Sibon was Aja en Ana. 41Die seun van Ana was Disan. Die seuns van Disan was Gemdan, Esban, Jitran en Keran. 42Die seuns van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. Die seuns van Dison was Us en Aran.
Die regeerders van Edom
(Vgl. Gen. 36:31-43)
43Hier volg nou die name van die konings wat in Edom geregeer het voordat konings oor die Israeliete geregeer het: eers Bela seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba. 44Na Bela se dood het Jobab seun van Serag, uit Bosra, hom as koning opgevolg. 45Na Jobab se dood is hy as koning opgevolg deur Gusam, uit die land van die Temaniete. 46Na Gusam se dood is hy as koning opgevolg deur Hadad seun van Bedad, wat vir Midian in die gebied van Moab verslaan het. Sy stad se naam was Awit. 47Na Hadad se dood is hy as koning opgevolg deur Samla van Masreka. 48Na Samla se dood is hy as koning opgevolg deur Saul van Regobot-aan-die-Rivier. 49Na Saul se dood is hy as koning opgevolg deur Baäl-Ganan seun van Akbor. 50Na Baäl-Ganan se dood is hy as koning opgevolg deur Hadar. Die naam van sy stad was Paü, en sy vrou se naam was Mehetabel dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
51Na Hadar se dood was daar egter stamhoofde aan die bewind in Edom: Timna, Alwa, Jetet, 52Oholibama, Ela, Pinon, 53Kenas, Teman, Mibsar, 54Magdiël en Iram. Hulle was die stamhoofde van Edom.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 1: AFR83

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy