YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 59

59
1Vir die musiekleier. ’n Dawidsgedig wat gesing kan word op die wysie van “Moenie stukkend maak nie”. Toe Saul mense gestuur het om Dawid dood te maak
2Red my van almal wat niks vir my omgee nie, my God!
Bewaar my teen mense wat met my baklei!
3Red my van hulle wat doen wat verkeerd is in u oë!
Verlos my van mense wat my wil doodmaak.
4Help my teen mense wat lief is vir geweld,
wat ’n hinderlaag opgestel het om my dood te maak.
Hulle wil my aanval.
Maar ek is onskuldig. Ek het nie verkeerd gedoen nie.
5Ek het niks verkeerds gedoen nie. Tog maak hulle dit vir my moeilik.
Hulle kan nie vinnig genoeg op my afstorm nie.
Kom kyk wat hulle doen, Here. Help my!
6Here, U is nog altyd die sterkste. U is die God van Israel, die groot Bevelvoerder.
Gryp in! Moenie goed wees vir daardie spul wat verkeerde dinge doen nie.
Jy kan nie op hulle vertrou nie. Moenie aan hulle genade betoon nie.
7Daardie slegte mense kom keer op keer terug om my seer te maak.
Dan lawaai hulle soos ’n klomp honde.
Hulle loop rond om te kyk waar hulle kan kwaad doen.
8Hulle geskinder maak ander mense baie seer. Hulle tonge is soos skerp messe wat mense stukkend steek.
Hulle dink dat niemand sal hoor wat hulle sê nie.
9Here, U lag hulle uit.
U maak ’n grap van almal wat U nie dien nie.
10U gee my baie moed.
Daarom vertrou ek op U. U maak my sterk, God, U pas my veilig op.
Ek skuil by U. 11Daarom help U my, want U bly getrou aan my.
U sorg dat ek staande bly teen daardie spul wat niks van my hou nie.
Ek sal op hulle neerkyk.
12Moenie daardie slegte spul te gou doodmaak nie, Here!
U kinders moet die skurke nie so gou vergeet nie.
Laat u kinders sien watter slegte dinge hulle doen.
Straf hulle op so ’n manier dat u kinders dit kan raaksien.
Laat hulle sleg daarvan afkom, Here.
Beskerm ons teen hulle.
13Met hulle gepraat doen hulle baie skade.
Hulle dink hulle is belangriker as ander mense. Laat hulle neerslaan.
Hulle lieg en praat lelik.
14Verwoes hulle terwyl U kwaad is, Here!
Laat hulle van die aardbol af verdwyn.
Laat hulle besef dat U oor u kinders heers.
U is die Here oor alles.
15Daardie slegte mense kom keer op keer terug om my seer te maak.
Dan lawaai hulle soos ’n klomp honde. Hulle loop oral rond.
16Hulle loop rond om te kyk waar hulle kan kwaad doen.
Hulle soek oral moeilikheid. Hulle hou aan totdat almal later van hulle weet.
17Maar ek sal U prys, Here.
Elke oggend as ek wakker word, is ek so bly dat ek juig.
Want U bly getrou aan my.
U het my opgepas toe ek in die nood was. U maak my sterk.
18Ek sal lofliedere sing om U te eer. God, U is vir my baie goed. U maak my sterk. En ek kruip by U weg. U bly getrou aan my.

Currently Selected:

Psalms 59: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy