YouVersion Logo
Search Icon

Josua 12

12
Die konings wat aan die oostekant
van die Jordaan verslaan is
1Die Israeliete het in hierdie stadium reeds die hele gebied aan die oostekant van die Jordaan in besit geneem. Dit strek van die Arnonvallei op met die Jordaan tot so ver noord as die berg Hermon. Hulle het daar twee konings verslaan. 2Daar was eerstens koning Sihon van die Amoriete, wat in Gesbon gebly en oor die helfte van Gilead regeer het. Sy gebied het gestrek vanaf Aroër op die rand van die Arnonvallei, deur die middel van die vallei tot by die Jabbokrivier wat die grens gevorm het met die Ammoniete se gebied. 3Dit het ook die oostelike deel van die Jordaanvallei ingesluit, van die See van Gennesaret af suid tot by die Soutsee, van Bet-Jesimot af tot by die hange van die Pisgaberge. 4Hulle het ook vir Og, die koning van Basan, verslaan. Hy was een van die laaste Refaïete en het in Astarot en Edreï regeer. 5Sy koninkryk het gestrek van die berg Hermon af tot by Salka in die noorde en het ook die hele Basan in die ooste ingesluit. In die weste het Og se ryk gegrens aan die koninkryke van Gesur en Maäka. Hy het ook oor die ander helfte van Gilead regeer wat nie aan koning Sihon van Gesbon behoort het nie. 6Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het vroeër hierdie konings verslaan. Daarna het hy hierdie gebiede aan die stamme van Ruben en Gad en die helfte van die Manassestam as hulle eiendom gegee.
Die konings wat aan die westekant
van die Jordaan verslaan is
7Die volgende is ’n lys van die konings wat Josua en die Israeliete aan die westekant van die Jordaan verslaan het, vanaf Baäl-Gad in die Libanonvallei tot by die Kaalberg wat na Seïr toe oploop. Josua het die gebied onder die stamme verdeel sodat hulle daar kon bly. 8Dit het ingesluit die berggebiede, die laeveld, die Jordaanvallei, die oostelike hange en die woestyngebied tot in die suide. Dit was gebiede wat voorheen aan die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete behoort het. 9Die Israeliete het die volgende stede se konings verslaan: Jerigo, Ai naby Bet-El, 10Jerusalem, Hebron, 11Jarmut, Lakis, 12Eglon, Geser, 13Debir, Geder, 14Gorma, Arad, 15Libna, Abdulam, 16Makkeda, Bet-El, 17Tappuag, Gefer, 18Afek, Saron, 19Madon, Hasor, 20Simron-Meron, Aksaf, 21Taänak, Megiddo, 22Kedes, Jokneam teen die berg Karmel, 23Dor op die heuwel van Dor, Gojim by Gilgal 24en Tirsa. Hulle het altesaam 31 konings verslaan.

Currently Selected:

Josua 12: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy