YouVersion Logo
Search Icon

1 Johannes 1

1
1Alles het by Hom begin. Voor alles was Hy al daar.
Wat Jesus kom vertel het, het ons met ons eie ore by Hom gehoor. Ons het Hom met ons eie oë gesien. Ons het mooi dopgehou wat Hy gedoen het. Ons kon aan Hom vat en het ook inderdaad met ons hande aan Hom geraak. Wanneer ons dus oor Jesus praat, is ons seker waarvan ons praat.
2Maar wie is hierdie Jesus van wie ons praat? Dit gaan oor die Een wat ons kom vertel het waar om die ewige lewe te kry. Hy self het die ewige lewe. Daarom kan ons Hom “Lewe” noem. Die “Lewe” het na ons toe gekom. Ons het Hom goed dopgehou. Wat ons gesien het, het ons oortuig dat Jesus nie alleen die ewige lewe het nie, maar dit ook vir ons kan en wil gee. Omdat niemand so naby die hemelse Vader staan as juis Hy nie, kan Hy dit doen.
3Wat ons gesien en gehoor het, het ons so beïndruk dat ons julle eenvoudig daarvan moet vertel. Julle weet mos van die geestelike familie van die hemelse Vader en sy Seun, Jesus Christus. Ons behoort nou aan daardie familie. Ons wil so graag hê dat julle ook deel daarvan moet word. 4As dít kan gebeur, sal ons baie bly wees. Daarom skryf ons aan julle.
Jesus sal jou vergewe as jy sê jy is jammer
5Jesus het vir ons belangrike dinge kom sê. Ons het mooi na Hom geluister. Wat Hy vir ons gesê het, vertel ons nou weer vir julle. God kan vergelyk word met die lig wat skyn. Soos die lig die duisternis verdryf, so verdryf die teenwoordigheid van God die Bose heeltemal.
6Hou dit nou in gedagte vir die volgende vraag: As ons rondvertel dat ons deel van God se intieme familie is, maar ons dade verklap die teenoorgestelde, wat maak dit van ons? Dit maak van ons skaamtelose leuenaars! Dit is soos mense wat sê hulle hou net van die lig, maar as jy hulle soek, sit hulle in die donker. So weerspieël ons mos nie die waarheid en egtheid wat eie aan ’n kind van God die Almagtige is nie.
7Ons is alleen deel van hierdie hegte familie van God as ons optrede presies is soos God dit van ons verwag.
Maar wat nou daarvan as ons iets doen waarvan God nie hou nie? vra jy dalk. Wel, dit is juis God se Seun, Jesus, se offerbloed wat ons geestelik silwerskoon was - daar bly nie een sonde oor nie! Dit beteken dat ons rein voor God kan staan.
8Ja-nee, moet my nie verkeerd verstaan nie: as ons wil voorgee dat ons nooit sonde doen nie, slaan ons die bal heeltemal mis. Wie dit sê, praat nie die waarheid nie.
9As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van sy kant af heeltemal van ons sondes vergeet. Hy sal ons ook geestelik skoon was van alles waarvan Hy nie hou nie.
Glo dit maar, want God bly getrou aan sy beloftes en doen wat reg is.
10Dan is daar nog van ons wat wil beweer dat ons nie foute maak of sonde doen nie. Verbeel jou! Deur dit te sê maak hulle van niemand anders nie as God self ’n leuenaar! Húlle verstaan nou regtig niks van God se boodskap nie.

Currently Selected:

1 Johannes 1: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy