YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 8

8
Benjamin: Die Benjaminfamilie
volgens hulle woonplekke
1Benjamin se seuns was in volgorde: Bela, sy oudste, en na hom Asbel, Agrag, 2Noga en Rafa.
3Bela se seuns was Addar, Gera, Abihud, 4Abisua, Naäman, Agoag, 5Gera, Sefufan en Guram.
In Geba
6Hier is ’n lys van Egud se seuns. Hulle was die familiehoofde van die mense in Geba, wat na Managat toe weggeneem is. 7Hulle was Naäman, Agija en Gera (hy het hulle weggeneem), en hy was Ussa en Agigud se pa.
In Moab
8Nadat Sagarajim van sy vroue Gusim en Baära geskei is, het hy in Moab ’n paar kinders gehad.
9By Godes, sy nuwe vrou, het hy vir Jobab, Sibja, Mesa, Malkam, 10Jeüs, Sakeja en Mirma gehad. Hulle was almal Sagarajim se seuns en hulle het familiehoofde geword.
In Ono en Lod
11Sagarajim en Gusim het vroeër reeds vir Abitub en Elpaäl gehad. 12Elpaäl se seuns was Eber, Misam en Semed (wat Ono en Lod met hulle omliggende dorpies gebou het).
In Ajalon
13Beria en Sema was familiehoofde van die inwoners van Ajalon. Dit was hulle wat die mense van Gat op die vlug gejaag het.
In Jerusalem
14Agjo, Sasak, Jeremot, 15Sebadja, Arad, Eder, 16Migael, Jispa en Joga was Beria se seuns.
17Sebadja, Mesullam, Giski, Geber, 18Jismerai, Jislia en Jobab was Elpaäl se seuns.
19Jakim, Sikri, Sabdi, 20Eliënai, Silletai, Eliël, 21Adaja, Beraja en Simrat was Simi se seuns.
22Jispan, Eber, Eliël, 23Abdon, Sikri, Ganan, 24Gananja, Elam, Antotija, 25Jifdeja en Penuel was Sasak se seuns.
26Samserai, Segarja, Atalia, 27Jaäresja, Elia en Sikri was Jerogam se seuns.
28Hulle was almal as familiehoofde volgens hulle afkoms geregistreer. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon.
In Gibeon
29Jeïel, die stigter van Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou was Maäka. 30Sy oudste seun was Abdon, en die ander was Sur, Kis, Baäl, Nadab, 31Gedor, Agjo en Seker. 32Miklot was Sima se pa.
Hulle het naby hulle stamgenote in Jerusalem gewoon.
Saul se familie
33Ner was Kis se pa, Kis was Saul se pa en Saul was Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl se pa.
34Jonatan was Meribbaäl se pa, Meribbaäl was Miga se pa 35en Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas se pa.
36Agas was Jehoadda se pa en Jehoadda was Alemet, Asmawet en Simri se pa.
Simri was Mosa se pa 37en Mosa was Bina se pa, Bina was Rafa se pa, Rafa was Elasa se pa, en Elasa was Asel se pa.
38Asel het ses seuns gehad. Hulle was Asrikam, die oudste, en Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.
39Asel se broer Esek se seuns was Ulam, die oudste, en na hom Jeüs en Elifelet. 40Ulam se seuns was goeie soldate, spesialisboogskutters.
Hulle het altesaam 150 kinders en kleinkinders gehad.
Hulle was almal Benjamin se nageslag.

Currently Selected:

1 Kronieke 8: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy