YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 95

95
Opwekking om God te loof en Hom gehoorsaam te wees.
1KOM, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
2Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
3Want die Here is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.
4In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.
5Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.
6Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.
7Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!
8Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;
9waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
10Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
11sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

Currently Selected:

PSALMS 95: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy