YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 74

74
Die verwoeste heiligdom.
1 'n ONDERWYSING van Asaf.
o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?
2Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.
3Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.
4U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
5Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.
6En nou — die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.
7Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.
9Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
10Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?
11Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
12Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.
13 Ú het deur u sterkte die see geklief; Ú het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.
14Ú het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk — vir woestyndiere.
15 Ú het fontein en stroom oopgeslaan; Ú het standhoudende riviere laat opdroog.
16Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel.
17Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.
18 Dink hieraan: Die vyand het die Here gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.
19Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
20Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.
21Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
22Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.
23Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie — die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

Currently Selected:

PSALMS 74: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy