YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 57

57
My hart is gerus!
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.
2Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.
3Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.
4Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.
5Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is.
6Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!
7Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.
8 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.
9 Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!
10Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.
11Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.
12Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

Currently Selected:

PSALMS 57: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy