YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 21

21
Danksegging vir die oorwinning.
1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 o Here, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!
3U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.
4Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.
5Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.
6 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.
7Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.
8Want die koning vertrou op die Here, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.
9U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.
10U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die Here sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
11U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.
12Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.
13Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.
14Verhef U, Here, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!

Currently Selected:

PSALMS 21: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy