YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 2

2
Stryd en oorwinning van die Messías.
1 WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
2Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sê:
3Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
4Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
5Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
6Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
7Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
8Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
9U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.
10Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
11Dien die Here met vrees, en juig met bewing.
12Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

Currently Selected:

PSALMS 2: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy