YouVersion Logo
Search Icon

JOB 8

8
Die dood van Job se kinders, sê Bildad, was 'n regverdige straf. As Job God smeek en as hy waarlik onskuldig is, sal alles weer regkom.
1TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
2Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
3 Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
4As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
5 As jý na God soek en die Almagtige om genade smeek,
6as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
7dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
Die ervaring van die voorgeslagte is dat hy wat sy God verlaat, skielik omkom.
8 WANT doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
9(want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;)
10sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
11Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
12 Nog is dit in sy volle groei — sonder dat dit afgepluk word — dan verdor dit voor al die ander gras.
13So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;
14sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.
15Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
16Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
17Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.
18As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.
19Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
20Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
21Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
22sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose — weg is dit!

Currently Selected:

JOB 8: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy